Twee sterf toe bakkies naby Bronkhorstspruit bots

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Twee mense is dood en twee is ernstig beseer toe twee bakkies Woensdagaand naby Bronkhorstspruit gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het Donderdag gesê die botsing het omstreeks 20:00 op die R25 in die Welbekend-omgewing plaasgevind.
“Een bakkie het die ander bakkie teen die kant getref. Dit is nog nie duidelik hoe die botsing plaasgevind het nie en die oorsaak sal ondersoek word,” het Botha gesê.

Volgens Botha is die twee insittendes van die een bakkie op die toneel dood verklaar. Die twee insittendes van die ander bakkie is ernstig beseer en is op die toneel behandel voordat hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

MONIQUE ·

My ouers is in 2012 ook op daai pad oorlede in n gru botsing met n trok . en ons het n sussie wat nou wees gelaat is! daar is geen Verkeersowerhede wat die R25 pad monitor nie. en omdat dit die enigste pad is wat jou met die oosrand konekteer (Vanaf PTA) is die verkeersvolume op daai pad baie hoog, veral op sondae! my punt wat ek wil maak is juis oor daar geen verkeersowerhede is nie, baie (Duidelik) onpadwaardige voertuie van daai pad gebruik maak. daar is tot n “traffic control Centre” wat glad nie eers in werking is nie . in 2012 aleen het daar 486 Mense omgekom op daardie pad.

annoniem ·

Ek bly op die hoek waar die on geluk gebeur het.wil net n vraag vra is die robot stories nou n werklikheid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.