Twee sterf toe boot omslaan

Argieffoto van NSRI Port Alfred

Twee persone is Vrydag dood toe hul boot by Kowieriviermond naby Port Alfred in die Oos-Kaap omgeslaan het.

Stephen Slade, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Port Alfred, het gesê die NSRI is Vrydag omstreeks 11:00 ontbied ná ʼn boot vermoedelik deur ʼn golf by Kowieriviermond omgeslaan het. Daar was drie mans op die boot.

“ʼn 26 voet lange kommersiële vissersboot het op die rotse uitgespoel. ʼn 47-jarige man, wat die voorval oorleef het, is op die rotse gevind. Twee mans, onderskeidelik 55 en 81 jaar oud, is uit die water gehaal. Alle pogings om hulle by te bring, was ongelukkig tevergeefs. Hulle is op die toneel dood verklaar.”

Die oorlewende is na ʼn hospitaal geneem in ʼn ernstige maar stabiele toestand.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Natalene Visser ·

Die Kowieriviermond is in Port Alfred en nie naby nie. Die mooi halfmaanbrug wat in Port Alfred te sien is al van vér af, is die brug oor die Kowierivier. Daardie riviermonding is baie baie gevaarlik en vissers moet die see goed lees, voordat jy waag om daar in te kom. Ek ken die area baie goed. Die see is niemand se maat nie. Baie jammer vir die families.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.