Twee sterf toe bussie rol

Die bussie wat gerol het. Foto: ER24

Die bussie wat gerol het. Foto: ER24

Twee mans is Donderdagmiddag dood toe die bussie waarin hulle vervoer is op die N11 in KwaZulu-Natal gerol het.

Russell Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het sowat 30 km buite Ladysmith plaasgevind.

“Die bussie het ses mense vervoer toe dit gerol het. Met paramedici se aankoms het mense in die pad gelê,” het Meiring gesê. “Twee mans was reeds dood. Een persoon het kritieke beserings opgedoen en nog drie is ernstig beseer.”

Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Vra maar net ·

Die ongluk is seker veroorsaak deur die moer wat die stuurwiel moes vashou. Die het natuurlik losgekom met die ryery.

Vra maar net ·

Die ongeluk is veroorsaak deur die “moer” wat die stuurwiel vashoe los gekom het. Toe het die bussie buite beheer ge raak.

Elize C ·

@ Vra maar net: Ai, Afrikaans is ‘n wonderlike taal vir die wie dit verstaan….! :-)

Piet Pompies ·

Dit wil voorkom of die voertuig wel beskadig is maar dat sy toestand van so ‘n aard is dat hy die passasiers sou beslerm. Ek wonder of het die passasiers veiligheidsgordels gebruik het.

Elize C ·

@ Vra maar net : ek hou meer van jou 1ste weergawe…. ;-) ……oop vir interpretasie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.