Twee mense is Sondag dood nadat ʼn girokopter in ʼn veld buite Lephalale, Limpopo, neergestort het.
Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het aan Maroela Media gesê paramedici is omstreeks 18:00 na die toneel ontbied nadat die girokopter in die veld neergestort en aan die brand geslaan het.
“Twee mense se liggame is naby die wrak aangetref. Daar kon ongelukkig niks vir hulle gedoen word nie, en hulle is op die toneel dood verklaar,” het Bodasing gesê.
Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het die ongeluk bevestig.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Wat gaan aan… dit net vliegtuie en Helikopters wat deesdae neerstort? , so jammer dat die mense nie oorleef het nie” Innige Simpatie aan die mense se Familie…