Twee mense is Sondag dood nadat ʼn girokopter in ʼn veld buite Lephalale, Limpopo, neergestort het.
Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het aan Maroela Media gesê paramedici is omstreeks 18:00 na die toneel ontbied nadat die girokopter in die veld neergestort en aan die brand geslaan het.
“Twee mense se liggame is naby die wrak aangetref. Daar kon ongelukkig niks vir hulle gedoen word nie, en hulle is op die toneel dood verklaar,” het Bodasing gesê.
Kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, het die ongeluk bevestig.
Wat gaan aan… dit net vliegtuie en Helikopters wat deesdae neerstort? , so jammer dat die mense nie oorleef het nie” Innige Simpatie aan die mense se Familie…
Eerstens baie stekte aan die betrokke families, hoog julle kry besusting.
Gesiggie, my volgende komentaar is in die algemeen en net my opinie. Dit moet geensins met hierdie hartseer berig verbind word nie:
Ek glo die volgende kan redes wees vir die val van so baie vliegtuie:
1. Onderhoud – Alles moet betaal word in dollars, so dit beteken onderhoud of vliegtuie se onderdele het meer as verdubbel die afgelope jare, met die rand se val.
2. Vliegtuie en die soort speel goed raak meer bekostigbaar om aan te skaf. LW aankoop nie onderhoud nie.
3. Met al die probleme by BLO hang daar vraagtekens oor die vlieeniers se toetse.
Skuus typos: sterkte, hoop en berusting