Twee mense is dood nadat ʼn helikopter Vrydagmiddag op ʼn wildsplaas buite Bela-Bela in Limpopo neergestort het.
Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Die helikopter het glo omstreeks 12:00 op die Lumarie-wildsplaas neergestort. Albei insittendes in die helikopter is op slag dood.
Maroela Media verneem die helikopter was op pad na die Zebula-gholflandgoed toe dit neergestort het. Dit is nog nie bekend wat die oorsaak van die ongeluk was nie.
Polisiebeamptes en ʼn forensiese ondersoekspan is steeds op die toneel besig.
ʼn Woordvoerder van die Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO) kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.
Hou Maroela Media dop vir meer.
My innige meegvoel aan die Familie van die 2 persone, dit is so hartseer , wonder wat die oorsaak is van die ongeluk..
Zulu Sierra – Mike Zulu Sierra