
(Foto: SA Polisie)
Twee mense is dood en nog drie ernstig beseer toe hulle in die omgewing van Tzaneen, Limpopo, oënskynlik uit ʼn bewegende voertuig gespring het.
Die voorval het Dinsdag omstreeks 04:00 naby die hoofpad by die Bismarck-nedersetting plaasgevind, het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, gesê.
Drie mans en twee vroue het glo ʼn saamrygeleentheid saam met die onbekende bestuurder van ʼn wit, Nissan-dubbelkajuitbakkie gekry. Hulle was op pad van Metz na Bismarck.
“Toe hulle hul bestemming bereik, het hulle die bestuurder daarop bedag gemaak. Hy het te vinnig gery en nie stilgehou nie en al vyf van hulle het uit die bewegende voertuig gespring. Die bestuurder het ná die voorval ook nie stilgehou nie,” het Mojapelo gesê.
Inwoners het die polisie en nooddienste ontbied.
Kgomotso Moagi (26) en Mmantjana Maimela (26) is op die toneel dood verklaar nadat hulle verskeie beserings opgedoen het. Hulle was al twee van Bismarck.
Die drie mans, tussen 19 en 21 jaar oud, is in ʼn kritieke toestand na ʼn plaaslike hospitaal geneem.
Die bestuurder is nog soek, het Mojapelo gesê.
ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Ek verstaan nou nie. Hierdie mense het die deur van ‘n bewegende voertuig oopgemaak en uit die voertuig gespring. Hoekom moet die bestuurder aangekla word??
Iets maak nie sin nie, hul kon die bestuurder dwing om te stop, hul was 5 persone.
Vakansie gees, almal is haastig . Stop is min.
HULLE WAS SEKER BANG HULLE WORD ONTVOER EN DOODGEMAAK??
Wie spring nou van n bewegende bakkie af op hoë spoed en hoekom word daar veronderstel die bestuurder van die voertuig is skuldig aan n misdaad hy is mos nie verantwoordelik ook party mense nie kan dink nie.