Twee sterf toe ligte vliegtuig neerstort

Foto: Netcare 011

Twee mans is Saterdagmiddag dood toe die ligte vliegtuig waarin hulle was in Hilton in die KwaZulu-Natalse Middellande neergestort het.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het paramedici omstreeks 12:30 gereageer op berigte van ʼn vliegtuigongeluk.

“Die vlieënier en passasier is op die toneel dood verklaar,” het Herbst gesê.

Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die Burgerlugvaartowerheid, het gesê ondersoekers is reeds na die toneel gestuur om inligting bymekaar te maak wat sal help om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.

Die vliegtuig, ʼn Bushbaby, het glo neergestort kort nadat dit van die Eva-vliegveld opgestyg het op pad na die Umkomaas-vliegveld aan die Suidkus.

Volgens Ledwaba sal die fase waarin bewyse versamel word rakende die ongeluk die omvang van die ondersoek definieer, sowel as die verwagte tydsraamwerk vir die voltooiing van ʼn finale verslag.

ʼn Voorlopige verslag oor die ongeluk sal binne 30 dae uitgereik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanEtz ·

Ek het dié tipe vliegtuig gaan Google – eish, dis skaars meer gevorderd as ‘n speelgoed hangvlieër (kite)!
Ek sien sy bynaam is ook “KITE”?
Dié 87 km afstand vanaf Hilton na Kommunizma sal vir my ‘n naelbyt reis wees in sò speelding….lugstrome oor berge en dale……

Skyspy007 ·

Johan, dit is verseker nie ‘n speelding nie en jy moet ‘n volwaardige mikroligte vlieg lisensie hê om daarmee te kan vlieg. Baie faktore kan en kon ‘n rol gespeel het met die ongeluk. Ek self is ‘n loods al vir 35 jaar en het onder andere al met so een gevlieg met geen probleem nie. Simpatie met die naasbestaandes, RIV

Termiet ·

Dit is ‘n miskiet op steroids. Medelye aan die familie.

Cherokee ·

Ag tog Skyspy, my vlieënierslisensie is 46 jaar oud (1974) , en het nog nooit ‘n vlieënier teegekom, wat na self as ‘n ‘loods’ verwys nie.

Eddie ·

Dis ‘n goeie soort mikro vliegtuig ,as dit net behoorlik versien is en die loods behoorlik opgelei is !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.