Twee sterf toe motor boom tref

(Argieffoto: ER24)

Twee mans is dood en nog een is in ʼn bedenklike toestand toe hulle motor op die M3 in Bishops Court in die Wes-Kaap ʼn boom getref het.

Russel Meiring, woordvoerder van die ER24, het gesê die twee mans is Vrydag om 23:45 leweloos en vasgekeer in die motorwrak aangetref.

Hulle is op die toneel dood verklaar.

“ʼn Derde man, vermoedelik ʼn passasier in die voertuig, is deur lede van die Wes-Kaapse nooddienste behandel. Hy was in ʼn kritieke toestand,” het Meiring gesê.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.