Twee sterf toe motor in vlamme uitbars

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Twee mense is dood toe ʼn motor Saterdagaand oomblikke ná ʼn botsing in Umhlanga in KwaZulu-Natal in vlamme uitgebars het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 21:40 op die hoek van Umhlanga Rocks-rylaan en Douglas Saunders-weg gebeur. Hoewel die presiese omstandighede rakende die botsing nog vaag is, blyk dit volgens Herbst dat die motor teen die betonverkeersirkel vasgery en toe aan die brand geslaan het.

Daar was twee insittendes in die motor tydens die voorval. Brandbestryders van die Ethekwini brand- en reddingsdienste het die vlamme geblus, maar die twee is deur paramedici dood verklaar.

Die ongeluk word deur die polisie ondersoek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.