Twee sterf toe motor teen ‘hoë spoed’ in water inploeg

Die Chuniespoortdam (Foto: adventurebuddy.co.za/Fishing SA)

Die polisie in Lebowakgomo buite Polokwane in Limpopo ondersoek die dood van twee mense nadat die voertuig waarin hulle gery het na bewering teen “ʼn hoë spoed” in die Chuniespoortdam langs die R37 ingejaag het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die voorval het glo Sondag om 08:00 gebeur. Ngoepe sê ʼn man wat in ʼn visserbootjie visgevang het, het die voorval sien gebeur en die polisie ontbied.

Volgens verklarings het die twee oorledenes, albei 19 jaar oud, eers op die oewer van die dam in ʼn Toyota Tazz gesit voordat die motor in die water ingejaag het.

Die polisie se soek- en reddingseenheid is na die toneel ontbied, waarna die liggame van die twee persone gevind is.

“Tydens die soektog na die liggame is die voertuig ook in die water gevind, maar die kabel [van die hyskraan wat die motor uit die water lig] het gebreek en die voertuig het diep in die water verdwyn,” sê Ngoepe.

Die twee oorledenes is as Thabang Tladi en Kate Ramoshaba geïdentifiseer. Hul albei was glo studente aan ʼn deeltydse instelling by Seleteng naby Lebowakgmo en inwoners van die Lebowakgomo- informele nedersetting.

Ngoepe sê geen motief is in dié stadium bekend nie, maar dat “huishoudelike geweld nié uitgesluit kan word nie”.

Die soektog na die motor sal Dinsdag met bykomende hulpbronne voortduur. Die polisie ondersoek ook die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mike Kaapstad ·

sjoe maar baie simpatiek met die twee tieners , hulle was roekeloos eers buite die dam en toe in die dam, klink soos selfmoord………………

Karma ·

Duidelik ‘n moord/selfdood saak. Sjoe, desnieteenstaande, ‘n baie wrede dood om te sterf en laat mens wonder wat iemand se kop so kan laat ‘knak’ om dit aan hom/haarself en ‘n ander (dalk geliefde?) persoon te doen?

jaco ·

Met hulle “regte” ras en velkleur het soveel maklike geleenthede om werk te kry, vir hulle voorgelê. Studies slaag was ook amper ‘n gegewe. Dis baie vreemd dat hulle selfmoord gepleeg het.

Dink maar net ·

Dink nie hul het saam selfmoord gepleeg nie,kan dalk ñ woorde verwisseling tussen kêrel en meisie wees en bestuurder het altwee se lewens geneem?

Tanya ·

@Jaco en waarom sou jy nou die rasse kaart wil uithaal? Twee mense is dood, niemand van ons wat agter die skermpies sit ken die omstandighede nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.