Twee sterf toe motor teen trok bots

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is dood nadat ʼn Opel Corsa Saterdagoggend op die N12 buite Potchefstroom in Noordwes met ʼn vragmotor gebots het.

Annine Dormehl, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 05:30 vier kilometer buite die dorp gebeur. “Die ongeluk het vermoedelik gebeur toe die vragmotor oor die N12 gery het om by ʼn vulstasie uit te kom,” het Dormehl gesê.

Sy het gesê paramedici kon niks vir die twee insittendes, ʼn man en ʼn vrou, doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar. Die plaaslike brandweerdienste het meganiese toerusting gebruik om die liggame uit die wrak van die voertuig te verwyder.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Buitestander ·

Hoe goed was die bestuurders se gesig, veral in die lig dat dit sonsopkoms was ???
‘n Bestuutder ry mos nie net tromop in ‘n groot trok was nie ???

Chris ·

Sou die son opgekom het op daardie stadium, het die Corsa direk in die sonopkoms ingery

J. BOTHA ·

Die vragmotor het oor die N12 gery om by die vulstasie te kom, dus het dit reg voor die oorledenes se voertuig ingery. Lees mense nie die berigte nie of verstaan hulle nie die berivte nie, dis wat ek wonder.

Marie Salzwedel ·

Nee die berig sê duidelik die trok het OOR die N12 gery om by n vulstasie in te gaan.

Frik ·

Chris, soos dit vir my lyk op die foto het die Corsa nie tromp op in die vragmotor vasgery nie maar teen die kant van vragmotor. Dus moes die vragmotor bestuurder n onveilige U draai gemaak het wat op daardie staduim onmoontlik vir Corsa was om ongeluk te vermy. Dit het twee onskuldige mense se lewens gekos, so onnodig

Johann ·

Groot trokke is ‘n geweldige probleem op die roete, en ek praat nie eens van die hoë spoed wat hulle handhaaf nie

Tolla ·

Uit n trok drywer se oog punt, dai trok moet dwars oor di pad ry om by die vulstasie in en uit te kom. Da waar dai ongeluk gebeur het is by di BP op di N12 dai pad is baie besig so die trokke sukkel om in en uit te kom daar. Die sig is baie goed daar j kan ver sien van al die kante af, di kar het onder die agterste trailer vas gery so dit se di trok was amper heel oor die pad hoe n mens dit ni kan sien nie weet ek ni, en die meeste trokke se spoed is toe gemaak op 90kph so die storie van trokke wat jaag is snert. Iemand het nie gekyk nie. Sterkte aan die famielies

Buitestander ·

Bestuurders se gesig(Oë) word nie gereeld getoets nie. 50% van alle bestuurders kan skaar 50 meter voor hulle uit sien nie !!
Hoe verwag hulle om ongelukke te vermy ???????

Hewitt ·

Julle praat darem los nê! Ek het die mense persoonlik geken, en met hulle sig was niks fout nie. Twee wonderlike mense wat onlangs, na hul seun gematrikuleer het, albei die polisie-mag verlaat het na baie jare se goeie diens. Rus in Vrede julle twee.

Christa ·

Hier in Edenvale ry die dubbel-wa vragmotors elke dag oor rooi verkeersligte om op die snelweg te kom. Hulle wil nie wag totdat die lig weer groen word nie, want daar is ‘n regsdraai-pyltjie!!! Die verkeerslig aan jou Kant is al groen dan ry hulle steeds oor!!!!

Vraag ·

Enige glimstroke op kante van trok? Ja, die ligging van die son kon bygedra het tot die ongeluk? Spoed van die Corsa? Ook “Ek is groter as jy houding”? Daar is talle vrae.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.