Twee sterf toe boot in Vaalrivier omslaan

Die Vaalrivier, soos gesien van die N8 in die Noord-Kaap Foto: Google Maps

Die polisie in Douglas in die Noord-Kaap ondersoek ʼn saak van strafbare manslag ná twee mans Sondag in die Vaalrivier naby dié dorp oorlede is.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê drie persone was op ʼn boot toe dit omgeslaan het. Twee mans is dood en die derde persoon is in die hospitaal opgeneem.

Die voorval het omstreeks 18:45 plaasgevind.

Die ondersoek duur voort.

Lees ook die opvolgberig:Sy hele hart was net mooi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

AmY ·

Wie gaan hulle aankla van strafbare manslag?
Die oorlewende op die boot of die eienaar van die boot?
Wat dan as hy ook oorlede is?
Was dit maar nie net ‘n ongeluk nie?

Knapie ·

Niemand is aangekla nie. ‘n Saak word ondersoek. Die ondersoek sal dan bepaal of dit “nie maar net ‘n ongeluk” was nie en of iemand strafregtelik vervolg (Aangekla) moet word nie.

Pieter ·

Was ń motorboot, dit het nie omgeslaan nie, het langs die wal onder stompe deurgery.

Dafer ·

@ Pieter en enigiemand anders wat hier berigte lees: Was dit dalk nie eers die Vaal rivier nie? Het dit hoegenaamd in Suid Afrika gebeur? Het dit ooit gebeur, of is dit fop-nuus? Berig-gewing bly maar iffy!

Inwoner ·

Hi Dafer
Die ongeluk het werklik plaasgevind in Suid-Afrika op die vaal rivier by Douglas. Die motorboot het glo ‘n oorhangende tak geslaan en is toe in die wal vas. Twee mans is wel oorlede en een was in die hospitaal opgeneem. Inwoners van die area weet wie betrokke was, die media het net nog nie toelating gekry om hulle name te noem nie.

Johanita du Toit ·

Dafer, ja dit het wel gebeur. Een van die mans was hier van Stella.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.