Twee sterf toe sloot inval

Foto: ANA

Twee konstruksiewerkers is dood nadat ʼn sloot wat hulle vir stormwaterpype gegrawe het op hulle ingeval het.

Die voorval het Donderdag in Kommetjieweg in Sun Valley buite Kaapstad gebeur.

Cape Medical Response het op sy Facebook-blad geskryf paramedici het gehelp om drie mans uit die sloot te grawe nadat dit ingeval het. Twee mans is op die toneel dood terwyl die derde per helikopter na ʼn hospitaal geneem is.

Die Wes-Kaapse polisie het die voorval in ʼn verklaring bevestig. “Die omstandighede rondom die dood van twee mans, onderskeidelik 30 en 40 jaar oud, wie se liggame uit ʼn sloot by ʼn bouperseel in Kommetjieweg gegrawe is, word ondersoek,” lui die verklaring.

Luidens die verklaring word ʼn geregtelike doodsondersoek gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wessie ·

Is dít die prys wat betaal moet word vir goedkoop arbeid en tenders?

Basie ·

Daar is reëls en regulasies in plek wanneer daar in slote gewerk word… met die ondersoek gaan iemand ‘pakslae’ kry. Baie jammer dat so iets plaasvind. Simpatie met familie. Niemand wil aan ‘n deur gaan klop en die nuus oordra dat die broodwinner nie gaan huis toe kom nie. Baie sleg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.