Twee persone is Vrydagmiddag by ʼn taxistaanplek in Vereeniging, Gauteng, dood toe ʼn taxibestuurder glo beheer verloor het oor sy voertuig en in hulle ingeploeg het.
“Die taxi het die voetgangers by ʼn stalletjie langs die taxistaanplek in Uniestraat getref,” het Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die man en vrou is op die toneel dood verklaar.”
Volgens Rossouw is die stalletjie ook verwoes in die ongeluk.
Plaaslike owerhede stel ondersoek in.
Die minibus taxis het mos “free reign” op ons paaie. DOODSKISTE OP WIELE!!!
Moor hulle nou al hul mense nog VOOR hulle hul in die doodskiste laai?