Twee sterf toe taxi teen boom bots

Die ongelukstoneel. Foto: ER24

Twee mense is dood en nog een kritiek beseer toe ʼn taxi Sondagaand in Maraisburg, in die weste van Johannesburg, teen ʼn boom gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 19:15 by die toneel in Hoofrifweg opgedaag. Volgens Meiring het hulle die wrak van die taxi teen ʼn groot boom aangetref.

“Daar was drie mense in die wrak vasgekeer. Die bestuurder was in ʼn kritieke toestand. Nog twee mense, ʼn man en ʼn vrou, het bewegingloos in die wrak gelê,” het Meiring gesê. “Daar was niks wat vir die twee passasiers gedoen kon word nie en hulle is dood verklaar.”

Volgens Meiring moes brandbestryders meganiese toerusting gebruik om die kritiek beseerde bestuurder uit die wrak te bevry. Hy is op die toneel behandel voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is.

Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Deathtrap ·

Minibus taxi se alles, as ons daaroor praat is ons rassisties, so deal maar self met hierdie doodskiste op wiele.

riana ·

Ja nee hulle kan nie bestuur nie en die arme mense binne in moet altyd die stryd afbyt.
Hulle voel vere vir die passasiers is tyd dat hulle dink hoe hulle ry en dink hulle het mense in hulle taxi wat ook families het.

Hannelie ·

Ek kry die passasiers jammer. Em hoekom kry jy selfs die bestuurder jammer….oor hy nooit geleer het hoe om te bestuur nie?

Neewat ·

Hmmmm oor die passasiers jammer kry het ek my bedenkinge .. Ek het onlangs ‘n video gesien wat deur n swartman op FB geplaa is. DIt is waar taxis teen mekaar RESIES JAAG, ja daai skedonke wat beswaarlik op die pad hoort wat teen ‘n verskriklike spoed teen mekaar jaag .. die kommentaar het ook gelui “ten koste van die arme passasiers”. Die video het klank op gehad .. ek mag dalk nie die taal verstaan nie maar dit het soos alles behalwe BANG passasiers geklink … daar is aangehits, aangepor en gefluit en whoo whoo whoo geskreeu soos wat hulle gewoonlik op sokker stadions doen. Dan natuurlik draai daar een dag ‘n taxi gevaarlik voor my in .. ek vererg my en skud my kop vir die man en gooi my hande in die lug .. die passasiers (waaronder twee jong seuns) wou hulle absoluut dood lag .. so laag of te not .. ek het te veel passasiers gesien wat dit GENIET dat hulle bestuurders roekeloos is en ander mense se lewens in gevaar stel .. REGULEER die bedryf en INSPEKTEER die voertuie en die mense se LISENSIES en leer hulle om ander padgebruikers te respekteer. Andersins het ek geen raad nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.