Twee sterf toe trein ontspoor

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Twee mense is dood nadat ʼn trein Sondagoggend in Hillcrest in KwaZulu-Natal ontspoor het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die trein het by die Delville Wood-treinstasie ontspoor, vermoedelik nadat swaar reën ʼn grondstorting in die gebied veroorsaak het.

“Lede van Netcare 911 se reddingseenheid en brandweerbeamptes moes by ʼn grondpad langs ʼn berg af om by die wrak van die trein uit te kom. Bome wat oor die pad omgeval het, moes eers verwyder word,” het Botha gesê. Die reddingsbeamptes het gevind ʼn man en ʼn vrou het in die ongeluk gesterf en was steeds in die wrak van die trein vasgekeer.

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

“Meganiese toerusting is gebruik om die liggame uit die wrak te verwyder. Die toneel is aan die polisie oorgegee, wat die ongeluk sal ondersoek,” het Botha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Peter ·

Nee Lance, dit het niks met “geen maintenance” te doen nie. Die berig sê mos dat swaar reën ‘n grondstorting veroorsaak het. Sou jy reken dat goeie instandhouding sou keer dat daar bome oor die pad beland het?

Hannelie ·

Dankie Peter party mense verstaan nie altyd. Simpatie aan die familie van die 2 mense wat gesterf het.

Peter ·

Nee Lance, dit het absoluut niks met “geen maintenance” te doen nie. Die berig is mos duidelik dat swaar reën ‘n grondstorting veroorsaak het. Sou jy dus reken dat goeie onderhoud sou verhoed dat daar bome oor die pad geval het?

Philip Koen ·

Die bome het oor die pad geval waarlangs die reddings mense moes ry, die bome het nie die trein laat ontspoor nie. Hoop jy begryp dit dalk nou.

Cherokee ·

Indien dwarslêers meegegee het of gesak het weens te min stut, dan is dit nie onmoontlik dat onderhoud of die gebrek daaraan wel ‘n rol gespeel het nie. Ek weet nie of dit werklik die rede was nie maar dit is nie onmoontlik dat dit is wat gebeur het nie.

Cherokee ·

Yip KarooKlong, ek was in uMhlanga (La Lucia) en by die huis. Ons het ‘n elektrise storm gehad Saterdagnag wat Gauteng beskaamd sou gelaat het.

Johanna Botha ·

Ek vermoed ook maintenance al se die berig dit nie …ons weet mos nou al !

humor ·

Dit blyk dan dat Lance heeltemal reg is. Die plantegroei, bome ingesluit, behoort deurgans in toom gehou te word.

Ysterwiele Page ·

R.I.V kollegas. Sterkte aan hul geliefdes en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.