Twee mense is dood nadat ʼn trein Sondagoggend in Hillcrest in KwaZulu-Natal ontspoor het.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die trein het by die Delville Wood-treinstasie ontspoor, vermoedelik nadat swaar reën ʼn grondstorting in die gebied veroorsaak het.
“Lede van Netcare 911 se reddingseenheid en brandweerbeamptes moes by ʼn grondpad langs ʼn berg af om by die wrak van die trein uit te kom. Bome wat oor die pad omgeval het, moes eers verwyder word,” het Botha gesê. Die reddingsbeamptes het gevind ʼn man en ʼn vrou het in die ongeluk gesterf en was steeds in die wrak van die trein vasgekeer.
“Meganiese toerusting is gebruik om die liggame uit die wrak te verwyder. Die toneel is aan die polisie oorgegee, wat die ongeluk sal ondersoek,” het Botha gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Gekoppel met geen maintenance…. wat n wenresep !
Nee Lance, dit het niks met “geen maintenance” te doen nie. Die berig sê mos dat swaar reën ‘n grondstorting veroorsaak het. Sou jy reken dat goeie instandhouding sou keer dat daar bome oor die pad beland het?
Nee Lance, dit het absoluut niks met “geen maintenance” te doen nie. Die berig is mos duidelik dat swaar reën ‘n grondstorting veroorsaak het. Sou jy dus reken dat goeie onderhoud sou verhoed dat daar bome oor die pad geval het?
Cherokee, was jy by jou huis die heel oggend?
Simpatie met die naasbestaandes van die oorledenes.