Twee sterf toe trok, motors bots

Argieffoto

Twee mense is dood en drie beseer toe ʼn vragmotor en twee motors Vrydagaand op die R57 in Sasolburg gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het net na 19:00 op die toneel aangekom. Daar het hulle gevind dat ʼn volwassene en ʼn kind reeds aan hul beserings beswyk het. Hulle is op die toneel dood verklaar.

Drie ander pasiënte is op die toneel behandel en na verskillende hospitale in die gebied geneem.

Vermaak kon nie meer inligting oor die oorsaak van die botsing gee nie. Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stopstrate ·

Daar word in die Sasolburgomgewing ook nie gestop by stoptekens. Nou nie lank gelede is op die R57 se vierrigting stop by Zamdela in die rigting van Heilbron die aand ‘n motor volspoed (sowat 120km/h) by my verby oor die stopteken.

G ·

Ja jong, wat eens so ‘n mooi skoon dorpie was, raak nou ‘n seer vir die oog. Slaggate oral, party mense spuit sommer middels reg voor jou voor openbare geboue, moorde, verkragtings, die lysie gaan aan. Dis nie meer die dorpie wat ek as kind geken het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.