Twee sterf toe trokke bots

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Twee mense is dood en ʼn derde insittende ernstig beseer nadat drie vragmotors Vrydagoggend op die R103 Nottingham-pad, suid van Mooirivier in KwaZulu-Natal, gebots het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 06:10 na die toneel uitgeroep. Daar het hulle drie vragmotors aangetref wat in die botsing betrokke was.

“Twee van die insittendes in een van die vragmotors is op die toneel dood, terwyl ʼn insittende van ʼn ander vragmotor in ʼn ernstige toestand was,” het hy gesê. “Die beseerde pasiënt het gevorderde noodbehandeling op die toneel ontvang voordat hy deur ʼn ander ambulansdiens na ʼn hospitaal geneem is.”

Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Se net ·

AI. Hierdie N3 van ons is n groot probleem. Die trokke ry vinnig, drawers is gereeld op hulle fone en dink hulle het ry voorgang. Gister in on dorp op pad Skool toe druk n trok oor n feel Streep by n verkeerslig voor n voertuig in asof dit at reg is. Die paaie is besig met ouers wat kinders skool toe vat en die vragmotor Kon iemand se lewe gekos het. Die N3 tussen Durban en Pietermaritzburg is net so erg. So vakansie gangers wat see toe Kom wees versigtig want julle lewe is baie belangriker as om vies te raak Vir n vragmotor en verby te steek oor frustrasie. Midlands mall Soos jy in kom by Pietermaritzburg is oil n gevaar strook. Vat fit eerder rusting en Kom bietjie later waar julle wil wees. Mooi ry vir die wat op die pad is die jaar.

Andre ·

Die paaie is nie voldoende vir die swaarvoertuig verkeer nie. Stel die treine op standaard en hou die dood van die pad af.

damon ·

trokke is n anglisisme. dis n direkte vertaling van die Engelse trucks. die korrekte Afrikaans is vragmotors.
trok in Afrikaans is die waens van n trein

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.