Twee sterf toe vliegtuig langs N2 neerstort

Foto: Rescue Care

Foto: Netcare

Twee mense is dood toe ʼn ligte vliegtuig Dinsdagmiddag langs die N2 naby Winklespruit in KwaZulu-Natal neergestort het.

Garrith Jamieson, operasionele direkteur van Rescue Care, het aan Maroela Media gesê paramedici is steeds op die toneel en dat min inligting in hierdie stadium beskikbaar is. “Die vliegtuig het net na 14:00 neergestort en die oomblik toe dit die grond tref, het dit in vlamme uitgebars. Albei insittendes is in die ongeluk dood,” het hy gesê.

Dit is nog nie duidelik waarheen die vliegtuig op pad was of vanwaar dit opgestyg het nie. Die name en ouderdomme van die oorledenes is ook nog nie vasgestel nie.

“Die owerhede is op die toneel en ons sal mettertyd meer inligting bekend kan maak,” het Jamieson gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.