Twee sterf toe vliegtuig op plaas val

Argieffoto

Twee mense is dood nadat ʼn ligte vliegtuig Vrydagmiddag op ʼn plaas naby Mookgopong (Naboomspruit) in Limpopo geval het.

Pappie Maja, woordvoerder van die Burgerlike Lugvaartowerheid (BLO), het aan Maroela Media bevestig die vliegtuig het omstreeks 13:30 neergestort.

Volgens Maja is dit nie bekend wat veroorsaak het dat die vliegtuig neergestort het nie. Die BLO se ondersoekspan is tans op die toneel besig om bewyse in te samel. “Die bewysinsamelingsfase sal die grootte en omvang van die ondersoek bepaal,” het Maja gesê.

“Wat ons tot dusver weet, is dat twee mense in die ongeluk gesterf het. Die vliegtuig is verwoes in die brand wat na die impak ontstaan het.”

Maja kon nie onmiddellik meer inligting oor die oorledenes of waarheen die vliegtuig op pad was bekendmaak nie.

Maroela Media wag vir terugvoer van die provinsiale polisiewoordvoerder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Robert

Ai Oom Jan en Tannie Engela dis n groot tragedie. Ons gaan julle so mis.

Hartseer

Wat n groot skok was dit nie!! Oom en tannie. Julle het n hart van goud gehaad. Ek sal julle hulpvaardigheid nooit vergeet nie!! Rus in vrede!!

Thomas

Hartseer! Sterkte ook aan julle wat hul geken het.

Louzette

Hartseer oom Jan en tannie Engela. Skok vir almal. RIV julle is legendes in eie reg. Vlieg hoog. Sterkte aan die familie.

Julius

Rus in Vrede . Jul was twee staatmakers. Volksrust het twee diamante verloor.