Twee sterf toe voertuig op dak beland

Foto: Rescue Care

Twee mense is dood toe ʼn voertuig in die vroeë oggendure van Nuwejaarsdag langs ʼn snelweg buite Claremont in Pinetown, KwaZulu-Natal, op sy dak beland het.

Garrith Jamieson, bedryfsdirekteur van Rescue Care-ambulansdienste, het gesê paramedici is net na 04:00 na die toneel ontbied. Daar het hulle die voertuig op sy dak langs die snelweg aangetref.

“Volgens paramedici was daar sewe mense in die voertuig ten tyde van die ongeluk. ʼn Man en ʼn vrou, vermoedelik in hul 30’s, het ernstige beserings in die ongeluk opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Jamieson gesê.

Hy het gesê die ander vyf insittendes het verskeie beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na verskillende hospitale in Durban geneem is.

Dit is nie bekend wat die oorsaak was dat die bestuurder beheer oor die motor verloor nie. Die polisie ondersoek die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Katvis ·

Natuurlik kan hy. My Prado het sewe sitplekke. Dit is n suv in die foto.

Danie ·

Dit lyk soos een van die Citroen C1 tot 4 reeks kompakte karretjies. Dink nie dit is ‘n sportnutsvoertuig nie (agterkant te klein daarvoor)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.