Twee sterf toe voertuig op N1 onklaar raak

Twee mense is dood nadat ’n voertuig op die N1 in Pretoria onklaar geraak het en deur ’n ander motor getref is. (Foto: Emer-G-Med)

Twee mense is Saterdagaand dood toe ʼn voertuig in mense en ʼn stilstaande motor vasgejaag het op die N1-Suid net ná die Stormvoël-tolplaza. Die stilstaande voertuig het onklaar geraak en volgens inligting is een van die slagoffers ʼn motoris wat stilgehou het om die bestuurder van die stukkende voertuig te help.

Nooddienste is kort voor 22:00 na die toneel ontbied.

“Verskeie pasiënte is by ons aankoms op die toneel aangetref,” het Kyle van Reeneen, woordvoerder van Emer-G-Med, gesê.

“Daar word beweer dat ʼn voertuig in die middelste baan van die N1 onklaar geraak het en dat ʼn barmhartige samaritaan stilgehou het om bystand te verleen.

“ʼn Sportnutsvoertuig (SUV) het in die stilstaande voertuig vasgejaag. Die mense wat langs die voertuig gestaan het om herstelwerk te verrig is ook getref.”

Volgens Van Reenen is twee mense op die toneel dood verklaar – een van hulle ʼn middeljarige man van die voertuig wat onklaar geraak het, en ʼn middeljarige man wat stilgehou het om dié man te help.

“Vier ander mense, insluitend die bestuurder van die sportnutsvoertuig, het ligte tot ernstige beserings opgedoen.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lillian ·

Dit wil voorkom asof die onklaar voertuig in die noodbaan gestaan het, so die bestuurder van die ander voertuig dit getref het.

FJ ·

Die voertuig staan in die noodbaan nadar dit getref is. Voor dit was dit die middelbaan.

Christine ·

Verkeerd, die voertuig was in die middelbaan toe dit getref is. Lees die berig.

SkoenlapperKind ·

Die onklaar voertuig was in die middelste baan gewees. Die SUV wat hulle getref het, het tot stilstand gekom oor die vinnigste baan en nood lyn. Ek is verby die ongeluk maksimum 10min nadat dit gebeur het. Dit was grusaam om te sien. Ek sal nooit vergeet hoe, ek kan slegs aanneem, ‘n pa van een van die slagoffers oor sy seun gekniel het en gebid en gehuil het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.