Twee sterf toe voertuig rol

Die taxi se wrak. Foto: Verskaf

Twee mans is dood en nege mense ernstig beseer toe ʼn minibustaxi Dinsdagoggend in Durban gerol het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, het gesê die ongeluk het omstreeks 05:15 in Umgeniweg naby die Connaughtbrug in Umgenipark plaasgevind.

“Die bestuurder van die minibustaxi het beheer oor die voertuig verloor, waarna dit gerol het. Die voertuig het ʼn betonheining getref en op sy dak naby ʼn treinspoor tot stilstand gekom,” het Jamieson gesê.

“Die meeste insittendes is uit die voertuig geslinger toe die taxi gerol het.”

Jamieson het gesê twee mans is op die toneel dood verklaar. Nege mense wat beseer is, is op die toneel gestabiliseer en na verskillende hospitale in Durban geneem vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

ne ·

Al weer ‘n taxi. Waar koop die mense hulle lisensies? Is die voertuig ooit padwaardig?

Bekommerde ·

As ‘n voertuig oorlaai is – is dit baie moeilik om te beheer. Spoed en moegheid kan ook ‘n rol speel. Ek kyk na party taxis en wonder hoe hulle nog op die pad kan wees. So baie mense wag hulle lewe om daarmee te ry …….. Sterkte aan almal wat geliefdes verloor het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.