Twee sterf toe vragmotor in sloot beland

Foto: ER24

Twee mans is dood en drie ander beseer nadat ʼn vragmotor naby Umkomaas in KwaZulu-Natal in ʼn groot stormwatersloot beland het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het Dinsdagmiddag op die P197 gebeur. Met paramedici se aankoms op die toneel, was die vragmotor in die groot stormwatersloot vasgekeer. ʼn Vrag bakstene wat agterop die vragmotor was, het oor die toneel verspreid gelê.

“Paramedici het verskeie mense gevind wat verspreid oor die toneel gelê het. Twee van die mans het veelvuldige beserings opgedoen en het geen tekens van lewe getoon nie. Hulle is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Drie ander mans op die toneel was almal beseer. Een van dié mans was in ʼn kritieke toestand, terwyl die ander twee matige beserings opgedoen het.

Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitaal geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.