Twee sterf toe vragmotor, motors bots

‘n Vragmotor en verskeie ligte motors was in die ongeluk betrokke (Foto: Verskaf)

Twee mense is dood en vyf beseer toe ʼn vragmotor en verskeie ander motors Vrydag in ʼn ongeluk op die R40 in Nelspruit, Mpumalanga, betrokke was. Die vragmotor het ná die ongeluk aan die brand geslaan.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici by hul aankoms op die toneel die uitgebrande vragmotor langs die pad aangetref. Verskeie ligte motors se opgefrommelde wrakke het in die middel van die pad gestaan.

“Paramedici het twee mense in die vragmotor aangetref. Albei is op die toneel dood verklaar,” sê Meiring.

“Onder die beseerdes was een persoon in ’n kritieke toestand terwyl vier ander matige beserings opgedoen het.”

Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle per ambulans na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese behandeling.

Die omstandighede rondom die ongeluk word ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wielspore ·

Die vragmotor wat teerpale vervoer het se remme het blykbaar onklaar geraak en in die voertuie ingeploeg. Die R40 is die hoof roete wat Nelspruit en Witrivier verbind. Die pad is in ‘n goeie toestand en dra heelwat verkeer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.