Twee sterf, twee beseer toe voertuig brand

ambulansTwee mense is dood en twee is beseer nadat ʼn voertuig Donderdagmiddag op die N1-snelweg naby Kroonstad in die Vrystaat teen ‘n versperring gebots en aan die brand geslaan het.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk sowat 40km buite Kroonstad plaasgevind.

“Die bestuurder van die voertuig het beheer verloor en teen die versperring langs die pad gebots. Die voertuig het toe aan die brand geslaan,” het Steinmann gesê.

“Twee mense was reeds dood toe paramedici op die toneel opdaag. ʼn Vrou en man is ook op die toneel gevind. Die vrou het kritieke beserings opgedoen en die man matige beserings. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling en waarneming.”

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.