Twee sterf tydens gewelddadige betogings in Middelburg

(Foto: SA Polisie)

Twee persone is dood ná gewelddadige betogings in Middelburg in die Oos-Kaap.

ʼn Groep betogers het Vrydagoggend omstreeks 09:20 paaie na die dorp versper. “Die situasie was baie spanningsvol en twee mans is deur ʼn verbygaande vragmotor getref,” het kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn 20-jarige man is op die toneel dood. ʼn 38-jarige man het Vrydagmiddag in die hospitaal aan sy beserings beswyk.”

Die polisie ondersoek sake van strafbare manslag.

Die situasie bly gespanne en die polisie monitor die situasie. “Motoriste word aangeraai om van alternatiewe roetes gebruik te maak wanneer hulle na Colesberg, Steynsburg, Graaff-Reinet of Cradock reis.”

Die rede vir die betogings is nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

8 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sarel

Hoeveel gearresteer vir poging tot Moord, Moord of Terrorisme = 0

Kokerboom

Brig Vish Naidoo moet ASB sê of dieselfde aanslag op our people gaan plaasavind as wat toegepas is op Blankes by Senekal. Afriforum dring aan asb.
Dis vir my absoluut skokkend dat ANC kaders ‘n dorp gevange kan hou en ongerief aan onskuldiges veroorsaak! Brig Naidoo jou Polisie is totaal ruggraatloos en bang . Hoekom moet ons die gemors elke keer aanvaar?

Sarel

Niemand gaan gearresteer word nie want dit het nie op Senekal gebeur nie

ROELOF

Die rede is alom bekend ” WE DEMAND”..!!!!

Fedup

Tweede verdagte vas oor Senekal-oproerigheid?
I post this headline i borrowed from MM, just to make my point.
Now, this current article about the no reason strike in middelburg should prove my point.