Twee sterf tydens Kaapstad se liggiefees

Liggiefees (Foto: Armand Hough/African News Agency/ANA)

Die polisie stel ondersoek in oor twee sterftes Maandagoggend ná die jaarlikse liggiefees in Kaapstad.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het gesê die polisie stel ondersoek in oor twee sterfgevalle in die middestad. “Een persoon het vroeg Maandagoggend gesterf. Die besonderhede rondom die tweede voorval is nog vaag, aangesien die persoon vanoggend in die hospitaal oorlede is.”

Smith het gesê sy direktoraat sal binnekort met die betrokke rolspelers vergader oor dié jaarlikse geleentheid. Ongeveer 39 000 persone het Sondag die geleentheid by die Parade bygewoon waar die feesliggies aangeskakel is.

Hy het bygevoeg die Stad Kaapstad het ʼn operasionele sentrum by die venue opgerig om die funksies van alle nood- en sekuriteitspersoneel te koördineer wat op die dag ontplooi is. Geen groot voorvalle is hier aangemeld nie, maar wetstoepassers het tydens die geleentheid beslag gelê op ʼn paar gevaarlike wapens, waaronder vuurwapens en messe, asook 407 bottels alkohol. Dit is beduidend minder as tydens die vorige jaar waar 1 818 bottels alkohol gekonfiskeer is.

Die SAPD het gesê 15 sake van diefstal is by Kaapstad-Sentraal aangemeld. Vyf persone is in dié verband in hegtenis geneem.

“Die Stad Kaapstad sal met die SAPD in verbinding wees om die vordering van die ondersoek te monitor en om te bepaal of enigiets gedoen kon word om dié tragiese sterftes te kon verhoed,” het Smith bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Piet Pompies ·

Om op te som…. agv die liggie fees het misdaad opgegaan…

mog-het-troffe ·

En hoekom het die gekonfiskeerde aantal bottels vol drank drasties afgeneem in vergelyking met die vorige jaar? Want die res is betyds leeg gedrink!

lulu ·

wow
so as jy liggies gaan kyk kan jy doodgaan
en dit is so waar want jy kan nererns of meer by jou huis bly nie
JY KAN DOODGAAN

Pierre ·

Eksdom besig met hulle eie “crime prevention”. Sit die krag af – dan gebeur sulke goed NIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.