Twee sterf tydens ongeluk met vullisverwyderingsvragmotor

Argieffoto

Argieffoto

Twee persone is dood en een persoon is kritiek beseer toe ʼn groot vullisverwyderingsvragmotor Saterdagmiddag in Soutpansbergweg in Kempton Park omgeslaan het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het net ná 15:00 by die toneel opgedaag waar die vragmotor op sy sy gelê het. “Een persoon van die vragmotor het agterin gelê. Hy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Twee persone was onder die vragmotor, naby die kajuit, vasgekeer. Een persoon is dood verklaar.

“Die tweede persoon het kritieke beserings opgedoen. Paramedici kon hom nie onder die trok uithaal nie, en ʼn groot insleepvoertuig is na die toneel ontbied om die vragmotor gedeeltelik op te lig sodat hy gered kon word,” het Vermaak verduidelik. “Hy het verskeie beserings opgedoen en hy is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem vir dringende behandeling.” Reddingswerkers het meer as ʼn uur gespook om die man te bevry.

Nog twee werkers is naby die vragmotor aangetref. Hulle het matige beserings opgedoen. Hulle is ondersoek en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tish ·

spoed !!!. as jy afjaag in soutpansberg weg en beheer verloor op die draai saljy daadwerklik die vragmotor rol.
wonder of die bestuurder ooit oor n geldige voertuig lisensie beskik het

Jackie ·

DAT SULKE DINGE GEBEUR VERBAAS MY NIE!!! Saterdag die 29ste ry ek en my broerskind Maureen en haar twee seuntjies ongeveer 12:15 in Solomon Mhlangu van Suid na Noord en by die kruising van Bendeman Boulevard kom hierdie waste vragmotor van links agter af en jaag soos n torpedo op ons motor af en mis ons RAKELINGS soos hy reg voor ons insny en ons solied afsny, as Maureen nie gerem het nie was ons nog in hom vas ook.
Ek het toe ons langs hom inkom om regs te draai by die volgende robot hom goddeloos gevloek sommer in sy taal en myne waarna hy weer op ons afgjaag het waar ons gestaan en wag het om regs te draai…………ek wil hom bitter GRAAG RAPPORTEER maar die naam op die vragmotor kry ek GLAD NIE op google nie, RAUCON so nou weet ek nie wat gaan gebeur met n drywer wat n swaar waste voertuig gebruik as n wapen as IEMAND hom NIE STOP nie, al wat van ons sou oorbly is nog n statistiek van 2 vrouens en 2 seuntjies wat te pletter gery is omdat die vragmotor drywer (l.w. nie bestuurder nie want n bestuurder ry verstandig en n drywer dryf tot n vrou tot raserny) n gevaar op die pad is. DIS HOE ONSKULDIGE MENSE ONNODIG DOODGAAN

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.