Twee sterf tydens wildsrit

safariTwee mense is dood en tien beseer toe ʼn wildsritvoertuig oor die naweek by ʼn wildplaas naby Bethlehem in die Vrystaat omgeslaan het.

Volgens Vanessa Jackson was die groep mense op ʼn wildsrit toe die voertuig teen ʼn steilte af gery het. “Die bestuurder het beheer oor die voertuig verloor en die voertuig het omgeslaan,” het sy gesê.

Sy het gesê die pasiënte het in die veld gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het.

“Twee mense het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die ander pasiënte is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.”

Die polisie ondersoek die voorval.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.