Twee sterf tydens Ysterman-kompetisie

Ysterman-kompetisie (Foto: Ironman/Facebook)

Twee deelnemers is Sondag tydens die Ysterman-kompetisie in Port Elizabeth oorlede.

Die twee deelnemers, Leon Stanvliet (63) van George en Andre Trichardt (58) van Durban, is oorlede tydens die swemgedeelte van die Ysterman Afrika-kampioenskap by Hobie Beach. Een van die mans het vermoedelik hartprobleme ondervind en die ander het stuiptrekkings gehad.

“Dit is met groot hartseer dat ons die afsterwe van twee deelnemers by die Ysterman Afrika-kampioenskap moet aankondig,” het die organiseerders in ʼn verklaring gesê. “Albei atlete het mediese behandeling benodig tydens die swemgedeelte van Sondag se wedren en is na ʼn hospitaal geneem.” Pogings om die mans se lewens te red was tevergeefs en hulle is dood verklaar.

“Ons innige meegevoel met die familie en vriende van albei atlete. Ons werk saam met plaaslike owerhede om al die besonderhede te versamel en ons sal alles in ons vermoë doen om steeds ʼn veilige omgewing vir ons atlete te skep.”

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het aan HeraldLIVE gesê die twee mans het binne 10 minute van mekaar in die moeilikheid ondervind. Sy het bevestig hulle is met hul aankoms by die hospitaal dood verklaar. Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

Die Ysterman-kompetisie is ʼn uitmergelende wedren wat 3,8 km swem, 180,2 km fietsry en 42,2 km hardloop insluit.

Ben Hoffman van Amerika het in die eerste plek geëindig. Kort op sy hakke was Nils Frommhold van Duitsland en Michael Weiss van Oostenryk.

Lucy Charles-Barclay van die Verenigde Koninkryk was die eerste vrou oor die wenstreep. Gurutze Frades van Spanje en Annah Watkinson van Suid-Afrika het haar gevolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Laetitia ·

Innige simpatie.
ek wonder of daar nie ,n ouderdomsbeperking geplaas moet word op die deelname nie.
net tot op 40 jaar.

Gys ·

Elke mens behoort self te besluit tot waartoe hy in staat is en waarvoor hy kans sien. Ouderdomsbeperkings (maksimum) klink vir my te veel soos “big brother”.

Peet Schabort ·

Gaan stap die Visrivier Canyon of Naukluft in Namibië en jy sal ‘n doktersertifikaat moet inhandig betreffende jou gesondheidstoestand. Is dit ook hier van toepassing? Nogtans hartseer sulke gebeure van ooreising.

Siener van Melbourne ·

Peet ek is seker jy moet kwalifiseer om deel te neem. Ek het al van baie gevalle gehoor waar fikse atlete net eensklaps inmekaar sak. Dit gebeur.

Peet Schabort ·

Ag baie dankie Siener. Ek het ‘n man geken wat atleties gebou was en die Comrades verskeie kere gedraf het en ook altyd betyds klaar gemaak het. Toe kom daardie Comrades waar hy inmekaar gesak het. Hy het dit oorleef maar by die dood omgedraai. Sy probleem was hoë cholesterol. ‘n Behoorlike mediese ondersoek sou dit gewys het of is ek verkeerd? So dit is waaroor dit gaan, daardie ‘siekte’ waarvan jy nie bewus is.

E.K. die eerste ·

As dit jou tyd is is dit jou tyd. Fiks of nie, lê heeldag voor tv of draf aanmekaar. Mens moet net probeer om ordentlik te lewe dis al, di tkan enige tyd gebeur met enigiemand. Sterkte aan die families en vriende

Boshoed ·

Ek glo nie dat die manne onfiks was nie, want jy moet kwlifiseer om te kan deelneem aan die ysterman. Die wedren is seker een van die taaiste goed wat ‘n ou in sy lewe kan doen. Dit is tragies. Sterkte en my simpatie aan die familie van die twee manne.

Klopjag ·

Mense moet asb besef dat “open water swimming” uiters gevaarlik kan wees, en dat daar spesifiek en met erns daarvoor voorberei moet word, verkieslik met die bystand van ‘n professionele afrigter.

Dit is nie genoeg om in ‘n swembad te oefen nie. Daar is legio sielkundige faktore waarvoor jy nie in ‘n swembad kan voorberei nie… troebel water, hordes paniekbevange mense wat in die water spartel, die gevoel van dat jy nie beweeg nie.

Dit is dikwels die geval dat uiters fikse mense hartaanvalle kry op die draaipunte waar al die swemmers bo-oor mekaar swem om die draai so kort as moontlik te vat. Dit is uiters stresvol. Ek sal nie verras wees indien dit hier ook gebeur het nie.

Vonnie ·

So sad. Ons bid vir die familie. Ai vir wat word estate agents be trek? Really? !! Uncalled for!!!

Sean ·

Ek verstaan die swem afstand is n 1.8km verkort agv lae see temprature Weet nie of dit waar is nie

Leon ·

Sean, jy is reg, die afstand is verkort, maar as gevolg van die omstuimige see.
Dit is bitter tragies om twee atlete te verloor. Om ouderdom hieraan te koppel, is ook verkeerd, aangesien daar vele atlete was van oor vyftig jaar, wat hierdie wedloop voltooi het. Onthou, net na die wegspring, adrenalien is nog hoog, baie deelnemers, ens, ens speel alles ‘n rol.
Selfs die laaste paar atlete oor die wenstreep – julle is helde op jul eie gebied! Na afloop van die Cape Epic, is ‘n deelnemer die Maandag oggend oorlede, iemand wat super fiks was, en hierdie wedren al in di everlede gedoen het. Soms is dit die kleinste dingetjie wat ‘n groot impak op die dag het. Ek is self ‘n fietsryer, en het al byna te laat agter dat iets verkeerd is. Een oomblik is jy nog reg, en skielik is jy kort asem, seer spier, of wat ookal, iets wat jy voor die tyd nie gevoel het nie.
Baie sterkte vir die familie, ons as sportmanne en -vroue, salueer julle!

PR ·

Ek het baie lank in P.E. gewoon en het as toeskouer na die kompetisie gekyk. Ek het professionele sterk atlete gesien. Ek het egter ook baie ander gesien wat hulself dwing om net klaar te kan maak, die uiterste inspanning van persone wat glad nie atleties is en doodmoeg lyk maak is kommerwekkend. Persone tot 80 jaar oud, as ook gestremde persone neem deel. Die hoogste respek aan hulle wat deelneem. Dit is tragies wat nou gebeur het.

Leeu ·

Tipiese Saffas wat hier kommentaar lewer. Geen simpatie of empatie nie, soek fout by die slagoffer. Pateties as jy my vra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.