Twee sterf, vier beseer in botsing

Die ongelukstoneel op die Mitchellspas buite Ceres in die Wes-Kaap (Foto: ER24)

Twee mense is dood en vier ander beseer in ʼn botsing tussen ʼn vragmotor en ʼn taxi op die Mitchellspas buite Ceres in die Wes-Kaap.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê ʼn man het reeds gesterf met die aankoms van die paramedici op die toneel.

“Sy liggaam was vasgevang in die voertuig. Hy het reeds aan veelvuldige beserings beswyk, en is op die toneel dood verklaar,” sê hy.

Meiring sê twee ander mense het ernstige beserings opgedoen, terwyl drie passasiers nié in ʼn kritieke toestand was nie.

“Paramedici het die kritieke pasiënte met gevorderde lewensondersteuningsmiddele behandel voor hulle na ʼn hospitaal vervoer is. Een van die mans is egter met die aankoms by die hospitaal oorlede,” sê Meiring.

Meer besonderhede oor die ongeluk is nie in dié stadium bekend nie. ʼn Ondersoek is deur polisieowerhede van stapel gestuur.

Die ongelukstoneel op die Mitchellspas buite Ceres in die Wes-Kaap (Foto: ER24)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

thelsa ·

Ek sien dubbel sperstrepe. Ek sien taxi is aan regterkant getref. Ek sien vragmotor is aan regterkant getref en impak van die botsing het die vragmotor na regs laat swenk. Ek sien . . . jy kan ook sien wat hier gebeur het

Andréas ·

Die verontagsaming van verkeersrëels vind deur die bevolking plaas. Die rede?Privaat sekuriteit hanteer Provinsiale en Metro take. Ek spandeer (nasionaal) al vir jare baie tyd op verskillende paaie/ roetes en wonder hoekom sien jy dan so bitter min wetstoepassers. Waar is hulle? Hoewel by enige grootte ongeluk word meer as wat nodig is soortgelyke bloulig voertuie opgemerk wat gewoonlik verder tot opeenhoping bydra. Die punt is: Waar vrag en passasiers betrokke is moet hierdie drywers PDP’s hê, en wat beteken dit vir jan-alleman? Niks. Vergelyk dit met ‘n kleiner vliegongeluk waar Kommersiële vliëeniers en passasiers/ vrag teen vergoeding betrokke is. “Public outcry” en Vervolging tot in lengte van dae… Dus, hou maar die foute van proffessionele drywers fyn dop. Leer self daaruit en bly vêr uit hul pad uit!

Mike Kaapstad ·

Ry die pad gereeld , geduld die wag woord , of ek jaag of ek ry stadig om die draaie , wen maar hoogstens 10 minute , en dit vir n lewe……..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.