Twee sterf, vier beseer in botsing

Die motor se wrak. Foto: ER24

Die motor se wrak. Foto: ER24

Twee mans is dood en vier is ernstig beseer in ʼn botsing tussen ʼn bakkie en ʼn motor Donderdagmiddag in KwaZulu-Natal.

Volgens Chitra Bodasing Harduth, woordvoerder van ER2, het die botsing op die R33 naby Albert Falls, noord van Pietermaritzburg, plaasgevind.

Dit wil voorkom of die botsing reg van voor plaasgevind het.

“Met paramedici se aankoms op die toneel is albei voertuie se bestuurder vasgepen in die voertuie se wrakke aangetref. Ongelukkig kon daar niks vir hulle gedoen word nie en hulle is op die toneel dood verklaar,” het Bodasing Harduth gesê.

Die vier ander mans is ondersoek en vir ernstige beserings behandel voordat hulle met ambulanse na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Owerhede ondersoek die voorval en die oorsaak van die ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Manie ·

Botsing reg van voor? Iemand het hom heelwaarskynlik weer niks gesteur aan die verkeerswette

Witstreep ·

Die volgende is algemeen: Die verbysteek teen soliede lyne (sperstrepe), nie stilhou by stoptekens, oor rooiligte jaag, spoedgrens oorskry, op ryvlak stilhou, kruip/slaap op die pad i.p.v. om ordentlik te ry, volgafstand te hou, dronkbestuur, hoflik te bestuur en behou jou humeur en wees ten alle tye GEDULDIG.
Ongelukke is goed wat eintlik nie moes gebeur het. Padongelukke is oor die algemeen nie ongelukke maar die blatante verontagsaming van verkeersreëls.

Buitestander ·

Die onbekendheid van die K53 opleiding, swak sig van bestuurders, hoë spoed eb onerwaarendheid, onhoflikheid van bestuurders is die hoof oorsake van pad ongelukke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.