Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê dit het omstreeks 13:50 by ʼn padwerkkamp op die R74 Bergville-pad, naby Harrismith in die Vrystaat, gebeur. ʼn Minibustaxi met 11 passasiers was op pad terug van Bergville, nadat hulle glo by die begrafnis van ʼn man was wat selfmoord gepleeg het.
“Volgens inligting het die taxi by die stop-en-ry stilgehou en vyf van die passasiers het uitgeklim om ʼn draai te loop. Kort daarna het ʼn sesde persoon uitgeklim en die vyf passasiers wat uitgeklim het, daarvan beskuldig dat hulle die man, by wie se begrafnis hulle was, vermoor het,” het Mophiring gesê.
“Hy het toe omgedraai en teruggegaan na die vyf passasiers in die taxi en lukraak op hulle begin skiet. Hy het homself toe geskiet en is op slag dood.”
Nog ʼn passasiers is ook op die toneel dood, terwyl vier ander met skietwonde na die Thebe-distrikshospitaal in Harrismith gehaas is. Die vyf passasiers wat buite die taxi was, is nie beseer nie.
ʼn Saak van moord en vier van poging tot moord word ondersoek en ʼn geregtelike doodsondersoek sal gedoen word. “Die name van die oorledenes sal bekendgemaak word sodra hul familie in kennis gestel is,” het Mophiring gesê.
martin,
gaan jy niks se nie?
Nee Martin gaan niks se nie want dit is mos nie n blanke wat die skieter was nie.
Ek wil asb tog weer vra: hoe kan dit wees dat die Nuwe SA se mense op alle vlakke en terreine so eiesinnig, roekeloos, wetteloos en duidelik Godeloos handel terwyl die kerk 365 jaar se geleentheid gehad het om ‘n gevestigde etiek en moraliteit in en om SA uit te dra? Is die kerk se boodskap dan kragteloos, doelloos, onvanpas of op ‘n valse evangelie-fondasie gebou? Ons mense en samelewing oor die algemeen reflekteer nie die karakter, handel en wandel van die Lewende God nie.
Johannes dis oor die mense nie meer kerk toe gaan nie, die dat hulle so goddeloos handel…..
Huh? Hy beskuldig die vyf wat uitgeklim het daarvan dat hulle die persoon vermoor het en skiet dan die vyf wat nie uitgeklim het nie? Nee, ek verstaan dit nie.
Ai, kon hy homself nie maar eerste geskiet het nie, dit kon baie hartseer gespaar het.