Twee sterf wat onder munisipale bus beland

(Foto: Verskaf)

Twee vroue is Dinsdagoggend dood nadat ʼn munisipale bus hulle buite ʼn kliniek in Boksburg raakgery het.

Die bestuurder het glo omstreeks 08:05 beheer oor die bus verloor en die slagoffers in die parkeerterrein van die kliniek getref.

Die twee vroue, ʼn veiligheidswag en ʼn lid van die publiek wat die kliniek besoek het, het op die toneel aan hul beserings beswyk. Die busbestuurder is na die Sunward Park-hospitaal geneem nadat hy ligte beserings opgedoen het.

“Die slagoffers is vanoggend by hul huise weg met die verwagting dat hulle aan die einde van die dag weer na hul geliefdes sou terugkeer – en toe gebeur dié voorval. Ons wil ons innige medelye betuig met die families van die oorledenes,” het Nomadlozi Nkosi, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdiens, gesê.

(Foto: Verskaf)

Volgens Nkosi gaan die munisipaliteit berading aan die personeel van die kliniek en diegene wat die voorval sien gebeur het, verskaf.

“Ons het ook ʼn volledige ondersoek van stapel gestuur om vas te stel presies wat gebeur het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
George

As jy kyk hoe party van die bus bestuurders jaag kan jy verstaan dat sulke ongelukke gebeur. RIV.

isabelle

dis so skokkend….ek is seker daai vrouens het opgestaan met geen idee wat op hul wag ONS MOET BESLIS ELKE DAG PROBEER TEN VOLLE UITLEEF Innige simpatie vir die vrouens se familie en geliefdes

marie

Dit is verskriklik…..geen idee gehad wat wag vir hulle nie…sterkte aan die naasbestaandes!!!!

JM

Beheer verloor? Onbevoeg!

E

Bus bestuurders – laat ek net se meeste van hulle ry verskriklik.