Twee stoot onklaar motor, sterf toe vragmotor hulle tref

Foto: Verskaf.

Twee mans is op slag dood nadat die voertuig waarmee hulle en ʼn ander man gereis het meganiese foute ondergaan het.

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-rampbestuureenheid, het gesê die voorval het Maandag omstreeks 22:23 op die N3-hoofweg sowat ʼn halwe kilometer van die Barry Marais-afrit plaasgevind.

“Terwyl hulle die motor in die donker gestoot het, het ʼn vragmotor van agter gekom en teen hulle en hul voertuig gebots. Die twee mans is op slag dood en die derde is ongedeerd,” het Ntladi gesê.

Toe die rampbestuureenheid by die toneel opdaag, het die twee mans langs die pad gelê en die wrak van die voertuig ʼn paar meter verder.

“Die twee is op die toneel dood verklaar deur paramedici.”

Die motor met die drie mans was glo onderweg na Palm Ridge vanaf KwaZulu-Natal. Die twee insittendes van die vragmotor is nie beseer nie.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Leon ·

Dit maak glad nie sin nie. Van agter gebots, maar die hele voertuig is voor verwoes. Het hulle dus die voertuig teen aankomende verkeer gestoot, aangesien stamp links voor was? Nog erger, nou gaan die vragmotor bestuurder skuldig wees?

lulu ·

leon

is jy op die toneel
as my bril korrek is sien ek nogals die agterkant is getref

Leon ·

Maak glad nie sin nie. Links VOOR is ‘n wrak, maar die vragmotor van agter af die voertuig getref. Dus het hulle die voertuig teen verkeer rigting in gestoot??

Kyk Weer ·

Leon, kyk mooi. Dit is die agterkant van die Golfie wat weg gestamp is.

Charmaine ·

Hi Leon, jy maak ‘n fout, die voertuig is definitief van agter getref, die sitplekke voor en die grill op die ‘bonnet’maak dit duidelik sigbaar.

Johann ·

Leon. Die agterkant is getref regs agter. Kyk mooi. Die voorkant van die kar is aan die regterkant van die foto.

Hannelie ·

Leon ek sien ‘n VW Golf. Ek dink jy kyk driedimensioneel.

Piet Pompies ·

Jammer om te sien dat mense sterf aan die hande van ‘n onklaar voertuig. Op die foto van die blou Citi Golf kan mens sien dat die vorige kleur rooi was, die dak van die motor het op sy naat oopgeskeur wat abnormaal is aangesien hierdie vou aksie gedurende die vervaardigings proses plaasvind en baie sterk is. In kort, dit wil voorkom of die voertuig uit verskillende skenker voertuie aanmekaar gesit is en sodoende ‘n risiko voertuig is.

HBK ·

Miskien het die voertuig meganies onklaargeraak, nie so seker ‘n voertuig kan ‘n meganiese fout ondergaan nie.

Piet Pompies ·

Die punt wat ek maak is dat agv korrupsie onder sekere van die verkeersdepartement lede en sekere van die SAP voertuigdiefstaleenheid lede in ons omgewing is dit vir die oneerlike persoon moontlik om omkoopgeld te betaal aan een person en dan binne 1 dag ‘n voertuig op ‘n nuwe eienaar se naam te sit. Die voertuig staan op blokke in ‘n erf en beskik dan oor ‘n padwaardigheid sertifikaat, data Dot sertifikaat en het polisie klaring met ‘n nuwe lisensie vr ‘n jaar. Dit is dan hierdie wrakke wat op openbare paaie eindig en onklaar raak waar dit die insittendes van die voertuig se lewens in gevaar stel.

$ ·

Die berig meld nie in watter baan die voertuig was nie maar mens wonder of hulle die voertuig links van die geel streep gestoot het (wat veronderstel is om veilig te wees) en die vragmotor in die baan binne die geel streep gery het …

Andries Visagie ·

Almal het soveel goed om kwyt te raak, maar op die ou end is twee mense dood. Wie gee om wat al die irrelevante detail is? Hopelik help hierdie hartseer voorval om mense bewus te maak van die gevare daarvan om onklaar motors te stoot of selfs naby dit te staan. Dit gebeur gereeld dat mense op hierdie manier beseer of doodgery word.

Riana ·

Wat ek nie kan verstaan nie is hoe ‘n vragmotor met skerp ligte nie die kar kon sien nie.

KL ·

10 teen 1 met pikswart klere, geen ligte of 4vlikkers nie, sien dit gereeld.

wilma ·

Riana, as jy weet hoe sommige oogartse deesdae oë toets vir uitreiking van sertifikaat vir bestuurderslisensiehernuwing sal jy verstaan waarom sommige bestuurders, al is die voertuie se ilgte hoe skerp, nie kan sien wat rondom hulle aangaan nie!

Ray ·

Feit is mense is dood en dis hartseer.

Motors raak wel onklaar en dit gebeur dat jy partykeer moet stoot. Of soos ons studente dae. Sonder brandstof. Ek sal net graag wil weet of hulle die voertuig in die noodbaan gestoot het, aangesien ek al vele kere gesien het hoe mense voertuie in die rybaan stoot, wat ‘n ongelooflike gevaarlike situasie is en dit net genade is as mens ‘n ogeluk in so ‘n situasie kan vermy.

Basiese padveiligheid, wees bewus van jou omstandighede en neem aan dat die ander person jou nie noodwendig gesien het nie

Elize Nicholas ·

Liewe aarde mense, hoe kyk julle? Die motor is duidelik van agter gestamp.
As ‘n groot trok so n motor tref, sleep hy die voertuig sekerlik nog n ent saam en kan die voertuig oral skade opdoen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.