Twee ‘stropers’ doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Twee vermeende renosterstropers is in die Krugerwildtuin doodgeskiet.

William Mabasa, woordvoerder van die wildtuin, het gesê drie mans het Maandagoggend op veldwagters losgebrand terwyl hulle die area by Krokodilbrug gepatrolleer het.

“Die veldwagters het teruggevuur en twee stropers doodgeskiet. Die derde verdagte kon daarin slaag om te ontsnap.”

Volgens Mabasa is dit die eerste sterftes in die wildtuin vanjaar. Veldwagters het vuurwapens en ʼn byl op die toneel gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

zahn ·

Tog te lekker om die nuwe jaar met sulke goeie nuus te begin! Kom ons gaan nou volgende keer vir 100%!
Twee uit drie is goed, maar nog te min!

henk ·

binnekort gaan die stropers in ‘n poging om weg te kom toeriste en motoriste kaap en of roof. Dit terwyl die onskuldige en wetsgehoorsame ou se vuurwapen by die hek geseel word en die krimineel met onwettige en ongelisensieerde vuurwapens die park vol wandel. Wat doen die park om die besoekers te beskerm?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.