Twee stropers doodgeskiet

Foto:  Brocken Inaglory, Wikimedia Commons

Foto: Brocken Inaglory, Wikimedia Commons

Veldwagters het twee renosterstropers in die Hluhluwe-iMfolozi-natuurreservaat doodgeskiet.

“Veldwagters het Sondag omstreeks 18:00 skote gehoor,” het Musa Mntambo, woordvoerder van Ezemvelo KZN Wildlife, Dinsdag gesê. “Twee van die stropers het met hul aankoms op hulle losgebrand.” Die stropers het reeds ʼn renoster doodgeskiet en sy horing verwyder.

“Die veldwagters het teruggeskiet en een persoon is op die toneel dood. Die tweede persoon het in die ambulans aan sy skietwond beswyk,” het Mntambo gesê. Die mans was Sibusiso Nhlabathi en Sibonelo Dumisani Gumede.

ʼn Jaggeweer en byl is opgespoor. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieter Potgieter ·

Baie goeie nuus !Daardie veldwagters kort n verhooging en medalia van getrouheid. Kan ons nie n plek van donasie skep vir sulke mane wat goeie werk doen nie. Ek glo dit gaan hul aanmoedig om meer dood te skiet of te vang. N Goeie manier om stropery te bekamp.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.