Twee ‘stropers’ in wildtuin doodgeskiet

Veldwagte in die wildtuin. Foto: SANParke/Facebook

Veldwagte in die wildtuin. Foto: SANParke/Facebook

Die waaksaamheid van ʼn groep toeriste het glo daartoe gelei dat twee vermeende stropers in die Krugerwildtuin doodgeskiet is.

Glenn Phillips, besturende hoof van die wildtuin, het gesê ʼn groep toeriste wat Woensdag in die wildtuin gestap het, het ʼn verdagte man met ’n swart T-hemp aan in die Napi-gebied opgemerk. Dit het glo gelyk of die man ʼn jaggeweer by hom gehad het.

Volgens Phillips het nog ʼn groep toeriste glo ook die man opgemerk waarna ʼn helikopter en lede van die honde-eenheid ontbied is. Die beamptes het op twee verdagtes in die veld afgekom. “Die veldwagte het die mans versoek om hulself oor te gee waarna hulle op die veldwagte losgebrand het. ’n Skietgeveg het ontstaan en albei verdagtes is doodgeskiet.”

Phillips het gesê daar is op ’n jaggeweer beslag gelê. “Die saak word nou deur die polisie ondersoek en hulle sal vasstel of enige diere in die gebied doodgemaak is en of daar nog verdagtes is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Vos ·

Dit is hoe stropers behandel moet word. Geen vermorsing van geld, tyd en onnodige hofsake ens nie. Stropery sal dan drasties afneem

Susan ·

Stem samm. Hulle is STROPERS!!!!!!!!
Doen so voort “Veld Wagters”

Boesman ·

Goeie nuus so op ‘n Donderdag oggend. Vuilgoed. LOS ONS DIERE UIT!!!!!

Karolis ·

Iemand gaan in die moeilikheid wees. Daar is net een geweer gekry.

alida ·

Karolis, mens het net een geweer nodig om die taak te verrig. Die ander een was sy helper om die slagwerk te doen. Nie een van hulle moes daar gewees het nie.

Karolis ·

Alida,
Ek glo nie jy mag ‘n man sonder ‘n vuurwapen in sy hand sommer net doodskiet nie.

Dee ·

Karolis, as hulle agter ‘n bos lê en op jou skiet sal dit dom wees om te vra of almal gewapend is.
Terloops, die renosters beskik ook nie oor langafstandwapens nie. Lees weer my eerste sin.

Berhalet Beukes ·

Ditsem… Dit gaan mos veels te lekker in SA! Wis die stropers uit!

Jan maak n Plan ·

Waarheen kan ons vir hulle ‘n whiskey stuur. ” Give those men a BELLS”. Mooi so manne, wel gedaan.

MFP ·

Mooi so, stropers is nie welkom in SA nie (blank of nie blank)

Kellies ·

Wonder of die Veldwagte ook gearresteer en aangekla gaan word soos die Boere wat die aanranders “glo” doodgemaak het???

Wouter ·

Hulle gaan niks oorkom nie. Want hulle het die minister se toestemming en vrywaring vir “license to kill” die Boere wou net hulle pa, buurman en vriend help. Dit is onwettig.

GES ·

Die veldwagters het goeie werk gedoen. As jy wil hoor nie dan moet jy maar die gevolge dra …..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.