Twee ‘stropers’ vas oor motordiefstal

Argieffoto Foto: isotherm.co.za

Argieffoto Foto: isotherm.co.za

Twee vermeende renosterstropers is Dinsdagoggend in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem, het die Valke gesê.

“Die Valke het twee verdagtes in hegtenis geneem wat glo betrokke was in die vervoer van gesteelde voertuie regoor die park, en die smokkel van renosterhorings en springstof,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, in ʼn verklaring gesê. “Die beamptes het ook beslag gelê op ʼn groot som geld.”

Die twee verdagtes, onderskeidelik 36 en 39 jaar oud, is glo deel van ʼn sindikaat. Hulle is albei tans uit op borgtog vir misdade in Mpumalanga en die Oos-Kaap.

Hulle sal Woensdag in die Phalaborwa-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Lillian ·

Hoekom het hulle borg gekry? ”

Ondervra|” die verdagtes bietjie oor wie die hoof van die sindikaat is … julle ondersoek net altyd dit wat julle voor hande het, intussen kom die meesterbrein weg met moord en gaan net voort met hul wandade!
Dink ‘n bietjie verder as wat jul neuse lank is!

zahn ·

Dit sal my glad nie verbaas as die meesterbrein waarna jy verwys, deel is van die besluitnemers wat uiteidelik besluit wie vervolg gaan word en wie nie.

Marietjie ·

Gee hulle nou weer borg vir hierdie misdade sodat hulle verder kan plunder, smokkel en die Wet verbreek. Bleddie belaglik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.