Twee studente behandel ná brand by koshuis

Vlamme en rook kan gesien word tydens die brand by Huis ten Bosch op die kampus van die Universiteit Stellenbosch. (Foto: Verskaf)

Twee studente van die Universiteit Stellenbosch (US) moes mediese behandeling ontvang nadat ʼn brand Maandagaand in Huis ten Bosch uitgebreek het.

Een van die studente is vir brandwonde aan haar hande en nog een vir rookinaseming in die Stellenbosch-hospitaal behandel. Albei studente is volgens die universiteit in ’n bevredigende toestand.

Luidens ʼn verklaring wat laat gisteraand deur die US uitgereik is, is die brand by die Huis ten Bosch-vrouekoshuis omstreeks 19:00 aangemeld. Die gebou is onmiddellik ontruim en 164 studente is na veiligheid gebring terwyl daar gespook is om die vlamme te blus.

Volgens inligting op sosiale media is Huis Lydia, wat langsaan Huis Ten Bosch geleë is, ook ontruim as voorkomingsmaatreël, maar is dié koshuis se inwoners later toegelaat om terug te keer.

Die brand by Huis ten Bosch. (Foto: Twitter via @itskellyturner)

Die studente kon weens brand- en waterskade nie na Huis Ten Bosch terugkeer nie, maar alternatiewe verblyf is in ander koshuise verskaf.

Prof. Wim de Villiers, rektor en visekanselier van die universiteit, prof. Arnold Schoonwinkel, viserektor: leer en onderrig, en prof. Stan du Plessis, bedryfshoof, was op die toneel. De Villiers het studente verseker dat die universiteit hulle sal ondersteun en alternatiewe verblyf aan hulle beskikbaar sal stel. Die US se Sentrum vir Studenteberading en -ontwikkeling het ook beradings- en ondersteuningsdienste aan die studente gebied.

“Baie dankie aan alle personeel, studente en die groter Stellenbosse gemeenskap wat ondersteuning en hulp aangebied het. Ons is tans besig om ’n behoeftebepaling te doen, en sal later meer inligting verskaf,” het Du Plessis gesê.

Volgens die universiteit word reëlings tans getref vir akademiese bystand vir al die inwoners. ER24 was reg deur die nag op bystand in Monica-koshuis se ontspanningsaal en sekuriteit is gereël om Huis Ten Bosch deur die nag te bewaak.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Anel ·

Ek kan net raai hoekom en wie dit aan die brand gesteek het… ai, die pragtige ou geboue en kultuur gaan verlore

Anel ·

Ek kan net raai hoekom en deur wie dit gedoen is… ai, die pragtige geboue en kultuur als daarmee heen. Ek wonder hoekom dit die 2de keer is wat ek hierdie post en Maroela dit afhaal? Almal weet mos wat aangaan in ons land? Ons kan net toekyk hoe als verbrand word

Robert ·

@Anel: dis nie noodwendig wat jy dink nie. Die studente doen snaakse goed, verwarmers word aangelos, ketels wat droog kook so kan ek aangaan.

HTB ondersteuner ·

Snaaks hoe mense altyd eerder JUDGE en JURY wil speel…miskien moet die Afrikaner “keyboard warriors” meer begin DOEN en minder begin oordeel. Ons koshuis brand…mense se lewens word geraak…en mense soos Anel kies eerder om ongegronde pessimisme te saai. Regtig?! Sterkte aan HTB se studente. Onthou: julle is “Women of Fire” in julle harte. Staan sterk.

John ·

… wat, wat, sè net, wat kan ons nog vir julle nog doen… Wat was die oorsaak? Vuur in ‘n koshuiskamer? Word braaie op oop vure in koshuise nou die inding of weet die bestuur nie wat daar aangaan nie?

Nettie ·

@Gerrit – heel moontlik!

Of met ‘n elektriese kombers aangeskakel geslaap of met ‘n sigaret in die hand aan die slaap geraak of ‘n ketel of element laat droog kook. Sommige mense het mos net-net twee breinselle om teen mekaar te vryf en dan gebruik hulle ook nie eens altyd hul enkele breinselle nie.

Maar studeer, wil hulle studeer, saam met ander studente wie se ouers (of hullself) etlike honderde-duisende rande per jaar betaal om te kán studeer. Selfs al het hulle naelskraaps met 30% in hul matriekjaar geslaag en moet hulle op NSFAS staatmaak om te kan oorleef terwyl hulle vir etlike jare op universiteit sit …….. en dan maar na die 8ste jaar opskop …. en nooit die NSFAS-gelde wat hulle gemors het, terugbetaal nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Vir die generiese evolusiane was vuur nog altyd fasinerend….en die grootste “ontdekking” want dit kon hulle kos gaar kry en hulle grotte warm. En dit terwyl die res van die skepping besig was om elektrisiteit, die wiel, mediese sorg, vervoer, kommunikasie en ekonomie te ontdek, vestig en benut. Shame man….

HTB ouer ·

Anel, jy raai beslis verkeerd. Ons was op die toneel en NIEMAND het die koshuis aan die brand gesteek nie. Daar was ‘n fout op die derde vloer en ALMAL se besittings moes agterbly. SO voor almal dalk opinies vorm, wag asb tot MATIES ‘n verklaring uitreik. Dit was regtig traumaties om te sien hoe jou koshuis brand …dit was my kind se koshuis.

Eerste gedagte ·

Kan nie vir Anel kwalik neem nie. Sopbeen, jy is so reg. Ook gedink seker ‘n praaimis wat omgeval het.

Anel ·

HTB ouer HTB ondersteuner en Robert. Ek is self ‘n oud Matie. Sjoe! Julle is vinnig op die aanval! Ek het dalk te vinnig geoordeel omdat ek so gewoond is dat als wat mooi is en goed werk afgebrand word deur diegene wat als verniet wil hê. Ek het gesien dis 19:00 en nie in die nag waar daar moontlik ‘n kortsluiting van elektriese komberse of verwarmers ens is nie. Ek is jammer as dit ‘n ongeluk was en weet hoe vreesbevange almal moes wees. Sterkte aan hulle en die bekommerde ouers. Sal graag wil weet wat gebeur het

Robert ·

Huis ten Bosch het ook in die 80’s gebrand, ek was daar, een meisie het haar been gebreek in die vlug van die vlamme. Duidelik het hulle nog niks geleer van daardie tyd af nie. Daar is baie gewerk tydens die herstel aan die gebou maar lyk my niks is gedoen aan die brand bestrydings komponente nie.

kolla ·

Dis nou interessant. In 1983 toe ek ek daar gestudeer het, was daar ook ‘n brand in Huis Ten Bosch. As ek reg onthou, het ‘n student vergeet om haar strykyster af te skakel.

Vladimir ·

Ek is verbaas dat dié plek nog Huis ten Bosch heet. Ek sou gedink het dat die huidige Afrika-anglofieliese regime aan die US die naam lankal na Kaya in the Woods sou verander het.

JohanL ·

Was dit nie Huis Ten Bosch waar daar ook in 1983 ‘n brand ontstaan het nie? Redelik seker van my feit – ek was nog student gewees. So dit het al daai tyd ook gebeur. Grootste sondaar waarskynlik verwarmer, maar kom ons wag vir amptelike verklaring.

Brandstigting – nee wat Anel. Ons moet darem nie altyd die slegste dink nie.

Sterkte aan al die studente wat verontrief word. Daardie tyd was een van my vriendinne geraak en moes vir die res van die jaar in ander plek woon weg van maats en sosialisering waaraan gewoond was. Nogal ‘n aanpassing en kan studies raak. Sterkte.

Ouer ·

Alle sterkte aan al die inwoners en ook hul ouers.
Wat n nagmerrie!
Baie bly dat almal lewe!!
My kinders ook daar en is geweldige skok vir almal.
Moenie aan oningeligte en negatiewe kommentaar aandag gee nie. Nie die moeite werd nie.

Ai tog ·

Ag elke wese kan fout maak of wie weet wat ook al….maar word daar nie vuur dril gedoen????maw weet waar brandblusser is gryp daai deng en DOEN WAT JY GEWYS WAS OM TE DOEN. Glo so:-( Siedaar net bed kas of 1 kamer is beskadig nou 〰〰regtig jammer vir al die verlies aan goed en tyd en die skrik US wees oorgehaal.

SM ·

Die vorige Huis ten Bosch brand (1983)… en Willie Spirits

My seun bel my laat gisteraand uit Stellenbosch. “Mamma, Huis ten Bosch is besig om af te brand”. Ek kry ‘n flash back na 1983 toe ek ‘n 2de jaar student was. Huis ten Bosch het ook aan die brand geslaan. My destydse kerel en ander goeie vriende was in Dagbreek. Die manne het hulself gemobiliseer en gaan help. Hulle het nog manne wakker gemaak. Willie was egter ‘n ander storie. Hy het nie sy bynaam verniet gekry nie. As ek reg onthou het hy ‘n rekord gebreek deur 8 jaar te swot aan ‘n 4 jaar graad (het hom jare later gesien en hy het ontluik in ‘n beskaafde grootmens).

Willie wou nie wakker word nie. Hy het regop in sy bed gesit, die vlamme deur sy venster bekyk en gese: Ïzit”. Blykbaar brand dit”. En verder geslaap. Dankie aan die manne wat destyds gehelp het. En die gemeenskap wat gisteraand gehelp het.

Sterkte aan al die meisies van Huis ten Bosch.

kolla ·

Lyk my ‘n hele paar van ons was op Stellenbosch in 1983. Daai foto van die brand lyk ook nogal soos in 1983 met die stuk dak wat weg is.

Klipindiebos ·

“We will take up arms” as die howe nie vir ons wil luister nie of nie in ons beslis nie. Dit is die gesindheid (gif) wat van politieke platvorms af verkondig word. Sonder enige optrede.

Jeremia ·

Darem snaaks hoe baie plekke deesdae sommer net brand.
Gemaskerde Sopbeen het iets beet -daardie oeroue fassinasie met vuur.
Verbeel my dit was ‘n Franse film oor hoe vuur glo ‘uitgevind’ is.
Nou hardloop ons met die kooltjie rond.

Bekommerd ·

Ek wonder wat gaan aan by Stellenbosch. Dit gaan deesdae woes daar. Dis die vierde keer wat hulle die nuus behaal waarvan ek weet die jaar wat studente raak. Iemand moet gaan kyk wie is in beheer by die koshuise

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.