Twee studente vas ná kampusgeweld

'n Betoging in Februarie 2016 by die Universiteit van KwaZulu-Natal. Foto: Twitter via @UKZNFMF

‘n Betoging in Februarie 2016 by die Universiteit van KwaZulu-Natal. Foto: Twitter via @UKZNFMF

Twee studente aan die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) is in hegtenis geneem nadat gewelddadige betogings oor studiefooie op die universiteit se twee kampusse opgevlam het.

Lesiba Seshoka, woordvoerder van die universiteit, het gesê Woensdag was die derde dag wat klasse op die UKZN se Pietermaritzburg-kampus en die Westville-kampus ontwrig is. Volgens Seshoka sou daar Woensdag ʼn vergadering tussen die universiteitsbestuur en studenteverteenwoordigers plaasgevind het om hul ontevredenheid te bespreek. Dit was nie Woensdagaand onmiddellik duidelik wat die uitkoms van die vergadering was nie.

“Die universiteit veroordeel ten sterkste enige vorm van geweld en intimidasie en daar sal opgetree word teen studente wat die universiteitsreëls en -regulasies oortree,” het Seshoka gesê.

Daar word verneem dat die polisie Woensdag studente met rubberkoeëls uiteen moes jaag op die Pietermaritzburg-kampus. Die polisie kon egter nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie. Intussen het studente ʼn massavergadering op die UKZN se Westville-kampus gehou.

Studente eis dat daar geen fooiverhoging vir volgende jaar ingestel moet word nie en is ook ontevrede oor verblyfkwessies.

Die jongste reeks betogings by die UKZN het Maandagoggend begin met studente wat ʼn betoging op Yusuf Dadoo-straat gehou het oor hul lewensomstandighede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Theresa B ·

Hierdie klomp se breins werk glad nie. Weet nie wat soek hulle op Universiteit nie!!!

Johann ·

Twee? “Studente”? En die hoop qaa dat daar darm n mate van beskaafdheid teen die tyd sou intree? Toe nou nie. Maar dan is dit ook w een van die ANC se skerptand handpop hondjies wat geleer het om te byt waar die ANC nie wil nie! Belofyes maak skuld; in die geval studieskuld

Veritas ·

Snaaks dat 2 studente soveel amok kon maak. Of was die oorgewig polisiemanne te stadig om die res te vang.

Helene ·

Wat gaan met die jong mense aan, geleerdheid is n voorreg. Laat hul gaan,laat studente n komtrak teken wanneer hul toelating kry

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.