Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die twee studente was op ʼn boot op ʼn dam by ʼn konferensiesentrum toe die boot omgeslaan het.
Volgens Mathe was die twee studente deel van ʼn groep studente wat ʼn spanbou en jaareindfunksie bygewoon het.
“Die liggaam van een van die studente is dadelik gevind. Die jong man is deur paramedici dood verklaar. Die liggaam van die tweede student is ʼn kort ruk hierna gevind.”
Mathe het gesê polisieduikers het die liggame uit die dam gehaal.
Wat maak jy op n boot as jy ni kan swem ni
Manda – jy trek ‘n “life jacket” aan.
manda. Baie mense is op bote wie nie kan swem nie. n Passasiersboot op die see is ook n boot. Op so n boot is swem nie n faktor nie. Jy maak voorsorg vir wat moontlik kan gebeur en dien nie onverkullige dinge wat beskou word as n grap nie. Ek kan nie se daar was drank betrokke nie. Ek was nie daar nie, maar dit was studente wat somtyds bietjie stout kan wees. Wat dit ookal is, dis n tragiese geval
Waar is hulle lewensreddings baaijies wat veronderstel is om op elke boot of skip te wees. Iets nie lekker met die boot se dinge. Kon niemand eers probeer het om hulle te red of kan nie een van hulle swem nie
Daar was baadjies… die gaste het besluit om dit nie aan te trek nie