Twee sussies jaar na ontvoering steeds soek

Natasha (6) en Tammy (11) Pietersen. Foto: Verskaf

Natasha (6) en Tammy (11) Pietersen. Foto: Verskaf

Twee sussies van Witbank in Mpumalanga, wat in Desember verlede jaar glo deur hul pa ontvoer is, is byna ʼn jaar later steeds soek.

Maroela Media het vroeër berig Natasha en Tammy Pietersen, albei leerders aan die Laerskool Taalfees, is in 2015 uit hul ouers se sorg verwyder en in pleegsorg geplaas. Hulle is in Desember verlede jaar toegelaat om vir die vakansie na hul pa, Gideon Petrus Pietersen (55), in Gauteng te gaan.

Pietersen het egter nooit sy dogters op 29 Desember terugbesorg soos hy wetlik verplig was nie en ʼn klag van ontvoering is op 4 Januarie 2016 by die Witbank-polisiestasie ingedien. Natasha was ten tyde van haar verdwyning ses jaar oud en Tammy was elf.

Dessie Rechner, stigter en direkteur van Pink Ladies, het Dinsdag aan Maroela Media gesê ná ʼn jaar se ondersoek en verskeie inligting en wenke wat opgevolg is, het die soektog na die Pietersen-susters nog niks opgelewer nie.

Twee foto's van Gideon Petrus Pietersen (55). Foto: Verskaf

Twee foto’s van Gideon Petrus Pietersen (55). Foto: Verskaf

“Ons kan nie nou inligting bekendmaak oor die vordering van die ondersoek of enigiets wat ons oor die afgelope jaar vasgestel het nie. Die saak is heeltemal te sensitief en dit kan die ondersoek nadelig beïnvloed om nou sensitiewe inligting bekend te maak,” het Rechner gesê.

Sy het gesê sy kan ook nie enige inligting bekend maak oor die kinders se maatskaplike omstandighede of waarom hulle by hul ouers weggeneem is nie. Sy het wel bevestig Pink Ladies het ʼn hofbevel en skriftelike toestemming om die kinders se name en foto’s te versprei om die polisie in hul ondersoek te help.

“Die soektog fokus nie op ʼn spesifieke gebied of provinsie nie, maar landwyd. Enigiemand met enige inligting word versoek om na vore te kom,” het sy gesê.

Enige inligting oor die saak kan by die ondersoekbeampte, sers. De Lange by 083 570 8851 of by Pink Ladies by 072 214 7439, 072 620 7704 of 079 703 2427 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Irene ·

Wys nou weer kinders word weer gebruik vir ouers se probleme

Johan Pretorius ·

So met ander woorde die polisie het geen idee waar Mnr Gideon homself bevind nie!

Buitestander ·

Johan jy is heeltemal reg hulle het geen inligting nie.

MissDemeanor ·

As hy en daardie kinders nog lewe, dan moet daar iemand wees wat weet waar hy is. Iemand wat swyg.

Johanna ·

In die eerste plek kan ek nie verstaan hoekom die kinders toegelaat was om na die pa toe te gaan vir n vakansie nie. as kinders vir enige rede hoegenaamd verwyder moet word van ouers wat onbevoegd is dan is selfs n dag terug na die ouers toe nie toelaatbaar nie – wat nog van n hele vakansie. die stelsel beskerm nie die kinders genoegsaam nie.

natas ·

Dit gaan my verstand te bewoe hoe op aarde laat jy kinders met vakansie gaan na dat kinders reeds uit ouers se sorg geneem
is en is dit nie oom dat besoeke onder toesig moet plaas vind nie

charmaine ·

Hulle is dalk lankal land uit. Hy moes hierdie ding beplan het, hy het dalk binne die jaar sy kaarte reg gespeel juis met die idee om hulle te vat en te verdwyn. En dalk is hulle ok en happy.

manda ·

charmaine ek stem 100% saam met jou dalk is hulle by ma gevat en nie by pa ni die dat hulle daarheen mag gegaan het en dalk kyk hy mooi na hulle, MNR as jy dalk hier lees kyk mooi na jou kinders hulle is geskenke uit die skatkamers van die hemel.

Richard ·

Ek sê jou. Dit is so ‘n gesukkel om ‘n kind landuit te neem vir vakansie.

Die man en kinders is nog in SA.

Dawie ·

Hoe op aarde kan jy iemand so oordeel op die gebrekkige berig wat geplaas is? Ons weet nie wat die waarheid is nie! Daar word niks genoem van die ma nie. Heel moontlik was die kinders by haar afgeneem.

Francie ·

Ek dink ‘n opskrif wat ” sensasioneel” is, is in hierdie geval juis funksioneel – indien meer mense die berig lees, is die kanse soveel beter dat iemand iewers ‘n bydrae kan lewer dat hulle opgespoor kan word.

deernis ·

as ek sulke berigte sien dan herinner dit my aan n voorval wat seker veertig jaar gelede in die ou Suid Wes Afrika gebeur het. n pa het ook kamma sy dogters Angela en Sharona uitgeneem en nooit terug gebring nie. hulle is nou in hulle 40’s en steeds niks van gehoor nie. die mamma, Lily Poulton Wren soek steeds na hulle. kyk asb op fb “Searching for Angela and Sharona Poulton. tragies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.