Twee sussies sterf in Bloem-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Twee sussies, onderskeidelik drie en 10 jaar oud, is Vrydagmiddag dood en hul ma en ouma beseer toe hul motor op die N6, 30 km buite Bloemfontein gerol het.

“Die twee meisies het sowat 10 meter ver van die wrak af gelê,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die sussies was reeds oorlede. Die ma en ouma het slegs geringe beserings opgedoen.”

Die vroue is behandel en na die Bloemfontein Mediclinic geneem vir waarneming.

Die oorsaak die ongeluk is nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Landie ·

Mense maak julle kinders vas a.s.b. Hulle is meer as dit werd. Sterkte vir die familie.

Dawie van Rensburg ·

As ons vanaf Limpopo na ons kinders wat in Gauteng bly gaan kuier raak dit vir ons onbeskostigbaar want jou pensioen laat net nie toe nie,so die Etol is vir ons as pension trekkers regtig nie bekostigbaar Sal dit waardeer dan kan n mens weer jou kinders kan besoek ,soos dit nou is is die bedrag te hoog want dit kos +/_ R120 per keer meer Ek dink is tyd om na die lae inkomste groepe ook te kyk dit kan net die ekonomie ook help

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.