Twee susters vas oor baba in puttoilet

Argieffoto

Twee vroue sal na verwagting Woensdag in die Nkomazi-landdroshof, suid van Komatipoort in Mpumalanga, verskyn in verband met ʼn pasgebore baba wat op Kersdag lewend in ʼn puttoilet in die Masibekela Trust-nedersetting gevind is.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê inwoners in die nedersetting het by die openbare toilette in die nedersetting gehoor hoe ʼn baba huil. Die polisie is ontbied en polisiebeamptes het op ʼn pasgebore baba in een van die puttoilette afgekom. “Die baba is skynbaar daar vir die dood agtergelaat,” het Bhembe gesê.

Die polisie se voorlopige ondersoek het hulle na ʼn 23-jarige vrou, wat volgens inwoners swanger was, en haar 32-jarige suster gelei. “Dit het aan die lig gekom dat die 23-jarige vrou se suster haar [Maandagoggend] gehelp het om geboorte te skenk aan ʼn babadogtertjie waarna hulle glo probeer het om van die baba ontslae te raak,” het Bhembe gesê.

Hy het gesê die ma is na ʼn hospitaal geneem om medies ondersoek te word, waarna albei vroue in hegtenis geneem is. Die twee vroue sal in die hof verskyn op aanklagte van poging tot moord en verberging van geboorte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hanna ·

Nou het ek alles gehoor. N pasgebore baba in puttoilet hoe wreed kan n mens wees!! Hoop hulle sit lank

HPV ·

In die natuur sien mens gereeld hoe diere hul kleintjies bekerm en verdedig, selfs tot die dood toe………..sê maar net, wonder maar net…….

CHRISTA ·

Daarom sê ek altyd dis die grootste belediging vir enige dier om met ‘n mens vergelyk te word!! Diere is baie meer beskaafd en liefdevol as ENIGE mens!!!

Hu? ·

Aanklag Verberging van swangerskap?
Dis lekker tot jy moet verantwoordelikheid vat…. klinieke gee gratis voorbehoedmiddels …

Danie ·

Met hierdie metode van aborsie het die baba darem nog ‘n kans om te oorleef. Al die ander metodes behels die doodstraf vir die baba.

Chilli ·

Barbaars man!!! As sy nie die baba wou he nie kon sy steeds by die hospitaal kraam en die baba net daar en dan aan die welsyn oorhandig het. Nou kan ek ook nie help om te wonder watse storie sou hulle spin om te se hoekom sy nie meer swanger is nie. Die nood druk in alle omstandighede maar vir me’ lewe gooi jy nie n lewende kind of dier net weg soos vuilgoed nie.

ken benoni ·

Barbaars!
Dalk agter gekom kindertoelae is nie genoeg!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.