Twee swaar gestraf na hulle lekkers, melk steel

Argieffoto

Argieffoto

Twee negentienjarige mans is swaar gestraf in die Cradock-streekhof nadat hulle skuldig bevind is daaraan dat hulle lekkergoed en melk gesteel het.

Kapt. Stefanie Smith, woordvoerder van die polisie, het gesê Thembikhaya Faniso en Firiri Mgezo is tot 15 jaar tronkstraf elk gevonnis op aanklag van sakeroof.

Die twee is skuldig bevind daaraan dat hulle op 24 Julie 2015 ʼn winkel in Cradock van lekkergoed en melk ter waarde van R380 beroof het.

Brig. Madoda Zamkana, bevelvoerder in die Cradock-groepering, het die vonnis verwelkom en gesê hy hoop dit dien as ʼn waarskuwing aan kriminele dat die polisie ernstig is oor die stryd teen misdaad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Lianie ·

Sjoe ek wens hulle wil moordenaars en verkragters ook so swaar straf! !!

Johann ·

Ernstig? 15 jaar elk? So wats die proporsionele tydperk vir die melk en swiets wat die ANC magsbekepte hand ommi blaas tjommas van die hinger massas steel? Skuus…hulle steel nie. Hulle re appropriate…REGUIT NA HUL EIESAKKE

Riaan ·

Is dit geregtigheid? Vergelyk dit nou met die vonnis van Oscar Pistorius vir moord en ander. Stop misdaad, maar laat die straf by die oortreding pas.

Koos ·

Dit is 100% reg so dit moet ‘n afskrikmiddel wees as plaasaavalers doodstraf of 100 jaar gevangenisstraf kry sal die aanvalle drasties verminder

GES ·

Het hulle vorige veroordelings gehad? Dit is ‘n baie swaar straf as hulle eerste maal oortreders is.

Flibo ·

Fantasties !!!! Goeie begin. Nou : 150 jaar vir moordenaars en verkragters; 100 jaar vir brand van skole, besighede en skole. En natuurlik, geen borgtog vir enige van bogenoemde aanklagtes. Dis omtrent die verhouding in jare as ek so na die lekkers en melk vonnis kyk. !!!!!

E ·

Ag nee man, dit is absoluut onnodig!!!!!
15 jaar vir melk en lekkers. Siek verby. En hulle is nog kinders!! Sies.
Wys net hoe deurmekaar die regstelsel in ons land is.

Rapes ·

E van wanneer is 19 jarige dan nog ‘ n kind. Hulle het stemreg en geniet alle voordele wat groot mense geniet so behandel hul soos volwasse mense en hou daarmee op om hul op te piep.

Jo ·

Flibo, puik kommentaar!!!
Maak sin, wys net hoe belaglik dit rerig is en gaan geen kriminele afskrik nie, moet se, goeie poging maar helaas, hopeloos te laat!!!!

Pieter dp ·

WAT ??? Nou moet ons belasting hul ook nog onderhou.

WAAR IS LYFSTRAF. Die sal nou baie meer gepas en beter gewerk het.

Veritas ·

Kwaaijongstreke grens aan misdadigheid maar hierdie strawwe is buitensporig. Was die landdros se bloedalkohol vlak getoets?

Jenny Botha ·

Hoe werk hulle dit uit die mense wat nou die winkels so beroof en leeg gesteel het wat gaan met hulle gebeur net mooi niks, die land van ons is van die pad af.

stef ·

Dit is belaglik. Oscar wat moord gepleeg het kry dit nie eets nie

stef ·

Dit is belaglik. Oscar wat moord gepleeg het kry dit nie eets nie

Rapes ·

Mense julle wat so teen die kamtige jeugdiges se stawwe uitvaar gaan luister bietjie in die howe hoeveel jeug is daar wat ou krimenele is. Dit is alle sake wat ophoop tot hul die ouderdom van 18 bereik. As hul weer fouteer word hul soos ‘n gewoonte misdadeger behandel.

MissDemeanor ·

Jy het n punt Rapes, mens moet kyk na kriminele se geskiedenis. Die meerderheid van die “vrot appels” soos wat onderwysers altyd na hul verwys kom uit slegte omstandighede. Ouers wat afwesig is, te veel drink, geweld in die huis. Om te keer dat “vrot appels” kriminele word moet ons begin om die jeug te versorg en ondersteun. Te veel kinders kry net 1 maal per dag kos, dit is as hul skool toe gaan. Saans en naweke het hul niks, net dronk ouers wat mekaar slaan. Ons moet hul help.

Francis ·

Sjoe mens word erger straf opgele om melk te steel as om te moor !

Jan ·

Die eerste paragraaf se gesteel en die tweede laaste een praat van beroof. Die saak is ook verhoor in die streekshof en nie in ‘n gewone hof nie. Dit gee die idee dat dit dalk moontlik ‘n gewapende roof was. Die brig. verwelkom die vonnis om te wys die polisie is ernstig oor misdaad. Dit klink of die landros die ernstigste was.

MissDemeanor ·

Jis dis BELAGLIK? Wat van gemeenskapsdiens?Wat gaan hul leer in die tronk in 15 jaar? Hul gaan leer hoe om regtr kriminele te word want daar gaan nie eintlik iets anders vir hul wees nie! Miskien sou 3maande in die tronk of gemeenskapsdiens hul laat skrik en help om in hul spoor te trap. Maar liewe hel 15 jaar vir swiets en melk. Lyk my as mens ‘n prokureer kan bekostig kan jy wegkom met moord, maar as jy sjokolade steel wil die regstelsel van jou ‘n voorbeeld maak. Wie is die regter wat so belaglik is?

Poplap ·

Dit kan mos nie reg wees nie. Diefstal van melk en lekker goed en jy kry 15 jaar. Dit kan nie wees nie. Iewers is daar feite missing in hierdie berig of dis ‘n oorywerige regter/landros wat die straf toegedoen het. Maroela kan julle asb verdere navorsing doen oor die saak. Dis ontstellend as dit werklik does straf is vir R380 en ander gekke kry huisarres en nee ek verwys nie na Oscar nie

Elsie ·

Ja hengse vonnis vir diefstal van klein bedraggie……maar moord verwoesting word nie gestraf

Martin ·

Ja nee dis seker nou weer twee wit ouens wat die 15jaar gekry het

Lance ·

Dis eintlik n groot grap ….die moordenaars en verkragters loop salig rond …maar n ou wat n toffie steel word swaar gestraf ….die polisie en die reg is n joke man

Lance ·

En moordenaars en verkragters is orals om ons …wat n joke

Se net ·

I do not think this was just deserved. For goodness sake. They could have robbed the store if the intent was to do harm. Community service would have been sufficient in this case. Milk and sweets. Really? They also dont say what milk. Could have been formula for a baby? Our corrupt officials steal millions and nothing is done. These boys steal milk and sweets (people dont just steal milk for no reason) and get a 15 year sentence. Divani murders his wife and walks free. Where is the justice…

Dawie ·

Moes hierdie berig nie op die 1 April geplaas gewees het nie?

Joa ·

Ek dink julle mis almal die punt. Dit gaan nie oor die melk en lekkergoed nie, dit gaan oor sakeroof. Elke dag word besighede geroof en ons land lei miljoene rande skade agv daarvan. Ons ekonomie kan dit nie bekostig nie en die slagoffers gaan deur net soveel trauma as met enige sakeroof waar baie meer gesteel word. Ek was self ‘n slagoffer.

Joa ·

Ek dink almal mis die punt hier. Dit gaan nie oor die melk en lekkers nie, dit gaan oor sakeroof. Hoeveel besighede word daagliks geroof. Roof bly roof, maak nie saak wat jy steel nie. Die slagoffers gaan deur dieselfde trauma. Ons land lei miljoene rande se skade agv van roof en ons ekonomie kan dit nie bekostig nie. As ek by ‘n winkel instap met die opset om te roof en ek steel ‘n sjokolade en ‘n ander persoon stap in met die opset om te roof en steel duisende rande dan is ons albei skuldig aan roof. Die een is nie meer skuldig as die ander nie.

m ·

Hoe nou, 15 jaar vir lekkers en melk steel en moordenaars het die tyd van hulle in hierdie land want hulle kom niks oor nie. Nee rerig hoor, hou hierdie tipe strooi vir 1 April. Ook net in Afrika wat hierdie belaglikhede gebeur.

vermeende ·

Nee hulle verdien die vonisse, eerste oortreding kry altyd opgeskorte vonis vir 5jaar maar die twee kry 15jaar. Ou gesoute misdadigers nou loop die opgeskorte vonnis saam die nuwe.

Ek like!!!

Scalla ·

Plaas die 19 jarige mans eerder geld gesteel het en melk en sweets gaan koop het op n ander plek, die vonnis sou dan net 8 jaar gewees het soos in die ander berig, hoe dom was hulle.

charlene ·

Dis omdat julle nie maikies is met Oscar nie, hy kry nie eens 15 jaar vir moord nie. Die verkragters kry nie eens 5 jaar nie.
Wys jou net, geld en aansien is alles.
Julle was nog steeds verkeerd, maar hoekom melk??? Vir wie was die melk?
Ek is seker 1 jaar sal hulle laat leer het, 15 jaar vir R 380.00 se goed is belaglik man!

claudette ·

so swaar gestraf vir lekkers en melk steel,en moordenaars en verkragters kry 5 jaar tronkstraf.Hulle moet net n derde van dit uitdien en moor en verkrag net weer sodra hulle uit is …die land se regstelsel is pateties!!!!!!

Patrys ·

Is hierdie ‘n grap?? 15 jaar!!??
Wow ja nee die misdaad word werklik ernstig opgeneem. Dis in SA erger om lekkergoed en melk ter waarde van R380 te steel as wat dit is om ‘n mens se lewe te neem. Lyk my die reg se opvatting van misdaad en ‘n gepaste straf is net so agterste voor soos die regering se opvatting van rassisme……

Bosveld g ·

Sakeroof – Hulle was gewapen, gestel hul kom weg met die banksak met 300k in. Die oortreding bly dieselfde , klein leuen groot leuen ….. Sorry jy moet sit ! Juis ook gedink Judge Masipa was sag….. Reeva sê blykbaar nou ook die man moenie sy lewe in tronk mors maar eerder minderbevoregdes help …. Wow dis gerieflik, ek wonder wat sy sé oor of sy graag eerder haar lewe anders sou wou hê ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.