Twee swaar gestraf ná wrede moord, verkragting

hof-hamer

Argieffoto.

Twee mans is tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op ʼn man en die verkragting van sy vrou in Rustenburg verlede jaar.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê Joseph Mashava (29) en Shimbuya Munjarazi (28) is Dinsdag in die Noordwes-hooggeregshof, wat in Mokgwase sit, tot ʼn bykomende vyf jaar gevonnis vir huisroof, 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede, vyf jaar vir die besit van ʼn onwettige vuurwapen en drie jaar vir die onwettige besit van ammunisie.

Mashava en Munjarazi is gevonnis in verband met die wrede aanval op ʼn egpaar in Januarie verlede jaar in hul huis in Waterfall Village in Rustenburg. Die skuldiges is in Februarie kort ná die aanval in hegtenis geneem.

Maroela Media het destyds berig die egpaar het wakker geword van honde wat blaf. Die man het uitgestap om ondersoek te gaan instel. Toe hy ʼn geruime tyd later nog nie teruggekeer het nie, het die vrou uitgegaan om na hom te gaan soek.

Sy het gesien hoe haar man met twee onbekende mans baklei en het om hulp geskree terwyl sy terug in die huis in gehardloop het. Die mans het egter die eetkamervenster stukkend geslaan om toegang tot die huis te verkry.

Hulle het die deur oopgemaak en die liggaam van die man in die huis ingesleep nadat hulle hom doodgeskiet het. Die mans het daarna die vrou met ʼn pistool aangerand voordat hulle haar verkrag het. Hulle het die kluis se sleutels geëis en sy het dit oorhandig. Hulle het ʼn vuurwapen, juweliersware, ʼn televisiestel, klere en ʼn onbekende bedrag kontant geroof voordat hulle die vrou vasgebind het en te voet gevlug het.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom. Sy het gesê hy hoop die vonnis stuur ʼn boodskap uit aan ander misdadigers.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Cryosphear ·

Swaar straf is die doodstraf! En dit is wat moet terugkom!

Johann ·

Doodstraf terug? In die hande van die ANC en EFF? Dit sal Volksmoord deur die geskiedenis soos fabels laat lyk.

CAROL ·

Darsy dis hoe dit moet mos wees – gee vir daai judge a Bells ……

Jaco ·

Lt. Genl. Motswenyane is ń vrou. Daar kan dus nie na haar verwys word as “Hy” nie…

Tania Heyns ·

Dagsê Jaco

Dankie vir jou valkoog, ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

ontevrede leser ·

is / was hulle sa burgers of waar val hulle uit?. ander rowers / moordenaars voel ‘n veër wat se kommentaar hier gelewer word, hulle lees dit nie want dit is ook nog in afrikaans geskrywe

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.